5 maande gelede
Nandi en Sphe word as gyselaars gehou
Nuwe bloed: Yolandi (Trix Vivier) en Ian raak lekker cosy met mekaar. Foto verskaf  ~ 

Suidooster, weekdae 20:00 op kykNET & Kie

Danny sien iets ontstellends en konfronteer Tim daaroor. Siya kry ’n angsaanval en probeer dit van Michelle wegsteek. Lee-Ann bel die polisie oor iets verdags. Bridgette trap Lee-Ann uit.

AB en Mymoena kan nie ná al die onthullings vrede maak nie. Ian en Yolandi leer mekaar beter ken.

Zoë word in die pad gesteek. Bianca het haar mes in vir AB oor wat Eben verklap het.

Chris is agterdogtig oor Yolandi. Yolandi en Ian se verhouding vorder tot die volgende level.

7de Laan weekdae 18:00 op SABC 2

Charmaine is moedeloos. Olivia maak ’n fout met een van die boekwinkel se bestellings. Gaan Amorey en Mariaan mekaar eindelik vergewe? Jacob se planne vir sy projek begin mooi uitwerk.

Xander en Vince besef hoe belangrik familie is. André sukkel om nie emosioneel betrokke te raak by sy nuwe kliënt nie. Fikani ondersteun Rickus. Hoe lank kan Justin sy geheim vir homself hou?

Vanessa sien eindelik lig aan die einde van die tonnel. Matrone het groot planne vir Vryheidsdag.

Generations, weekdae 20:00 op SABC 1

’n Ontstoke villager storm by Ezweni in en dring daarop aan om Mazwi te sien. Zoë trek uit nadat sy en haar pa koppe stamp.

Getty vra Bra Pops se familie om sy siel ter ruste te lê. Niemand sien hoe ’n man ’n doktersjas en ID-kaart by die hospitaal steel nie.

Lucy moet vinnig dink om Fana weg te hou van sy flat. Lesedi ruk ’n mes op Jason.

Sphe en Nandi word as gyselaar gehou en ’n skoot gaan af. Jack se plan om sy geliefdes te red, kom dalk te laat.

Isidingo, weekdae, 19:00 op SABC 3

Gabriel gebruik sy sjarme om Sechaba te oortuig om hom ’n larney job by die hotel te gee.

Lalage verloor by die werk tred met die tyd en haar gesin wag by die huis vir aandete.

Morongwa is teleurgesteld toe Gatanga sê sy moet eerder bely, want g’n moetie kan haar bad luck of probleme wegvat nie. Hendrik meng in by sy vrou se nuwe loopbaan. Nina is geskok toe Gabriel ’n groot opoffering vir haar maak.

’n Gatvol Lalage sit Hendrik op sy plek. Gabriel sê Nina hoe hy oor haar voel.

Sechaba en Benjamin kom tot die gevolgtrekking Lincoln is net ’n eensame ou man en Benjamin moet daaruit munt slaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters