11 maande gelede
Mynwerkers dink hulle sien spoke
Sjebeen-Queen: Nina (Khabonina Qubeka) ruk ’n gun uit op haar skelm minnaar.Foto verskaf  ~ 
Isidingo, weekdae 19:00 op SABC 3

Barker dwaal ondergronds rond en die mynwerkers dink hulle sien spoke. Toe Majola nie vir Nina sê waar haar geld is nie, druk sy ’n gun in sy gesig.

Eddie en Modise is desperaat om Barker se moordenaar vas te trek.

Matlala en sy makkers sien ’n interessante pamflet. Troy gee Eddie inligting wat dit laat lyk of Brad daarby sal baat vind as Barker sterf.

Sechaba maak dit duidelik hy wil nie ’n aandeel aan moord hê nie. ’n Onverwagte weldoener borg die talentkompetisie.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters