6 maande gelede
Michael in penarie oor leaked e-posse
suidooster: Boeta AB (Cedwyn Joel) staan planne vir ’n kroeg in Ruiterbosch teen. Foto verskaf  ~ 

Suidooster, Maandae tot Donderdae 20:00 op kykNET & Kie

Rhafiek en Carmen is by ’n kruispad. AB is oortuig daarvan dat hy Ian se planne vir ’n kroeg met ’n plan van sy eie kan stuit.

Bridgette kry ’n groot present, maar sy weet nie dit hou impli­kasies in nie. Rhafiek en Carmen wonder of hulle die regte besluit geneem het.

Ronald plaas onbewustelik ’n plan in Siya se kop. Mymoena is senuagtig oor haar toespraak. Mrs. J stry met AB en Mymoena oor die betoging. Ian spreek die betogers toe.

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC 3

Rajesh raai Kgothalo aan om ’n verklaring teen Nina en Nikiwe af te lê. Hy is egter teleurgesteld toe sê sy is nog nie gereed om met die situasie te deal nie.

Gabriel se geldsake begin lol. Hy sluk eindelik sy trots en aanvaar ’n werk wat hy eens gedink het benede hom is. Kgothalo is moeg van Rajesh.

Benjamin is nie baie nice met Anja nie. Gabriel word die slagoffer van wrede poetse. Kgothalo dreig dr. Diko. Hendrik is kwaad toe Gabriel nie vir werk opdaag nie.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC 2

Esti kry ontstellende nuus oor haar seun. Diederik sit sy voet dwars; hy is gereed vir ’n nuwe avontuur.

Amorey het ’n nuwe gas in die huis. Aggie kan nie meer haar gevoelens wegsteek nie. Thinus is opgewonde daaroor om by Esti en Thomas te kuier.

Gaan Bonita die strydbyl be­grawe? Pietie gee Willem hel. Daar is chaos in Oppiekoffie toe ’n klant flou val.

Jacob se planne werk uit. Alexa vind uit van Fikani se geheim. Aggie sukkel met haar emosies.

Generations, weekdae 20:00 op SABC 1

Gadaffi probeer Tshidi paai met mooi woordjies, maar dit boemerang. Die polisie kry Zach se lyk.

Pam is ongelukkig toe haar suster haar shine steel.

Tau probeer nice wees met sy suster, maar sy wil niks weet nie. Sipho se storie bederf ’n belangrike dinee.

Net toe Sophie die belangrike bewyse neerplaas, kom Dmitri by die vertrek in. Jason gaan uit sy pad om Brandon te teister.

Jack is woedend toe Zitha hom in die openbaar uitdaag. Gaan die liefde Gadaffi van homself red?

Lucy kry meisies van die nag vir die shebeen. Meer e-posse lek uit, en dié keer is Michael in die moeilikheid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters