7 maande gelede
Mariaan is geskok oor tragiese nuus
Sus: Zoë (Schelaine Bennett) is verpletter toe sy hoor wat met haar broer gaan gebeur. foto verskaf  ~ 

Suidooster, Maandae tot Donderdae 20:00 op kykNET & Kie

Emma se ma wil hê Michelle moet die bemiddelaar tussen haar en haar dogter wees. Dit maak Michelle nog kwater. Mrs. J. kry ’n onverwagte besoeker.

Die artikel oor Danni word ge­publiseer en sy is woedend oor die inhoud. Rhafiek se aansoek vir die woonstel word goedgekeur.

Mymoena is vasbeslote om Mrs. J te groet. Tyron het ’n moeilike besluit. Mymoena help Rhafiek.

Michelle wonder of sy die regte ding doen wat Emma betref. Danni kry die skok van haar lewe.

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC 3

Nikiwe is koel teenoor Ben omdat sy dink hy is die een wat haar stalk. Wendy delg eindelik haar skuld by Hendrik.

Lerato is die ene senuwees namate haar oorsese trip nader kom. Wendy en Anja doen voorbereiding vir Hendrik se verrassingspaartie.

Nikiwe roep na Frank toe sy in haar slaap loop.

Wendy en Hendrik het ’n lekker tyd toe hulle oor die vorige aand se gebeure praat. Nikiwe maak ’n lewensbedreigende besluit. Sechaba is mislik sonder sy vrou.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC 2

Matrone sit Connie op haar plek. Gaan Amorey uitvind wat Hilda wegsteek? Rickus is dankbaar vir al Esti se hulp.

Vernon kry ’n waarskuwing. Bonita en Jacob stamp kop. Wie gaan dié oorlog wen? Amorey is bly sy het ’n man soos Willem.

Esti stort haar hart teenoor Marko uit. Hettie kry goeie nuus. Aggie is in die middel van ’n groot geveg. Nozi kry ’n groot skok.

Rickus is nie tevrede met die stand van sake nie. Mariaan is geskok toe Chris tragiese nuus deel.

Generations, weekdae 20:00 op SABC 1

Die bordjies word verhang teen Tau. Sphe het geen bemoedigende woorde vir haar ma nie.

Jack is woedend toe Fana sy projek in die openbaar veroordeel. Namhla word gevra om op haar broer te spioeneer.

Die Morokas kry die uitslae van die nadoodse ondersoek. Smanga wil die polisie bel om ’n moordklag te lê. Zoë is verpletter toe sy hoor wat Brian se voorland is.

Tau gaan nie toelaat dat Zitha hom ondermyn nie. Die Moroka-ouderlinge het ’n besluit geneem oor Nandi se lot.

Zach freak uit toe hy besef die Russe is op sy spoor. Mavis se gekla gee Mrekza ’n idee. Sphe is desperaat en vra haar pa om hulp.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters