4 maande gelede
Lincoln gee vir nina ’n risky job
verlief: Fikani (Nicholas Nkuna) en sy meisie se ma kom goed oor die weg.foto verskaf  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Net toe Nina dink sy is weer in beheer, toe gebeur die ondenkbare. Gabriel is met die rug teen die muur en hy word gedwing om sy grootste nagmerrie te face.

Sibiya stem in om Gatanga te help en hy word daarvoor gestraf. Nina is beangs oor sy nie weet of Obakeng lewe of dood is nie. Hendrik volg Elmarie se raad. Nina glip deur Majola se hande.

Hendrik se roekeloosheid stel sy huwelik in gevaar. Nina weet daar is geen terugkeerkans toe Lincoln haar die tools gee om ’n gevaarlike job te doen nie.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Wandile is reg om enige iets te doen om haar finansiële probleme te laat verdwyn. Tshidi gryp ’n gun om ’n score te settle.

Jack is nie gewoond daaraan om deur ’n vrou gedreig te word nie. Cosmo is oortuig daar word vir hom gelieg. Sphe besef haar nagmerrie is nog lank nie oor nie.

Tshidi en Ayanda stamp van die begin af koppe. Wandile se uitbarsting gebeur op die verkeerde tyd voor die verkeerde man. Zitha vat ’n toets en is geskok oor die uitslae. Lesedi weet sy speel met vuur, maar gaan steeds daarmee voort.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Rickus het ’n nuwe gym buddy. Alexa is heel verras toe sy sien hoe goed Mariaan en Fikani oor die wegkom.

Die dames in Hillside het hulle hande vol met man-flu. Charmaine kry ontstellende nuus. Diederik maak oop teenoor Rickus. Marko weier om te erken dat hy siek is. Fikani empatiseer saam met André en Marko.

Olivia en Diederik is al weer in mekaar se kele. Connie se geduld met André begin nou opraak.

Aggie ondersteun ’n hoopvolle Diederik.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & Kie

Tim doen moeite met Danni. Almal is angstig om te hoor wat van Stefan gaan word. Stefan vra opreg verskoning vir Gloria, terwyl dinge tussen Izette en Tim al hoe meer gekompliseerd raak. Mymoena kry skokkende nuus.

Tim besef hy en Izette is op dun ys, maar sal hy homself kan keer? Daar is goeie en slegte nuus vir Mymoena se kookprogram, en Bianca stamp kop met Bridgette. Mrs J besluit om vir Mymoena te help nadat nóg kykers haar kritiseer. Izette se planne by Suidooster Eiendomme word omver gewerp ...

Danielle konfronteer Tim oor hulle verhoudingsprobleme en Mymoena is in ’n netelige posisie. Chris het ? moontlike oplossing vir Stefan se penarie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters