Verlede jaar
James skrik toe hy van die hit uitvind
nuwe rigting: Wayde (Dean Smith) gesels oor sy pyn.Foto: netwerk24  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Kgothalo trek ’n lyn in die sand. Lincoln stel ’n strik.

Nina skrik haar boeglam toe Gatanga haar vertel haar sjebien word gehaunt deur die rustelose gees van ’n man wat vermoor en daar begrawe is.

Lalage is omgekrap omdat Wendy van Zandre en Seline se verhouding geweet het. Nina vrees vir haar lewe toe Lincoln sweer hy gaan hom wreek op haar oor wat sy aan Nikiwe gedoen het. Lalage is jaloers op Hendrik se nuwe verhouding.

Lungi wys ’n ander sy van haar. Dit skok mense.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Smanga kan nie ophou glimlag nie. Mr. Carlson en Lesedi sien mekaar die eerste keer in weke.

James voel ontnugter toe hy hoor van die hit.

Sphe maak ’n skokkende ontdekking toe die gun shot victimby die hospitaal ingestoot word.

Jack eis dat hy uit die selle moet kom omdat hy onskuldig is. Lucy is boos oor haar plan nie gewerk het nie. Smanga is bekommerd toe Rori aanhoudend huil.

’n Vasbeslote Wandile is op ’n mission. Jack beveel Pele om agter die kap van die byl te kom.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Vernon is opgewonde oor sy toekoms in die modebedryf. ’n Desperate Mariaan gaan oor tot drastiese stappe. Xander wil sy verlede vergeet en spoedig aan sy planne vir die toekoms werk.

Die Heights se huurders is in ’n frenzy. Lesedi deel haar bekommernisse saam met Fikani.

Willem kom eindelik met die hele sak patats vorendag.

Connie neem ’n belangrike besluit oor haar toekoms. Bonita beplan Daniel se verjaardag. Justin sit Vanessa op haar plek. Thomas en Esti bring tyd saam deur.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & Kie

Mrs. J sukkel om Ronald se si­tuasie te verwerk.

Zoe het ’n deurbraak met belangrike kliënte. Dit krap Rhafiek om.

Bianca soek nuwe werk, maar Mymoena is paranoïes.

Ronald wonder of hy sy dogter van sy siekte moet vertel. Chris ontmoet ’n bekroonde skrywer.

Wayde maak sy hart oop teenoor Nina. Mymoena sien met haar eie oë waarmee Bianca besig is.

Stefan vind uit van Bianca se pille.

Ian maak aan Lee-Ann ’n aanbod vir die kliniek. Sy sukkel om dit van die hand te wys. Rhafiek ervaar nog ’n terugslag by die werk.

Michelle wonder steeds wat die Samsodiens wegsteek. Bianca sukkel met onttrekkingsimptome.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters