6 maande gelede
Ian neem wraak op carmen en rhafiek
katelknaap: Gaan Esti uitvind vir wie Ben (Louis Auret) in die stilte sien?Foto: jolygram.com  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Sechaba en Lungi verklaar oorlog teen mekaar. Obakeng en Cebisa ontwikkel in ’n dodelike duo. Lungi katrol Morongwa in om haar te help om Sechaba te vernietig.

Lincoln probeer met sy seun bond. Sibiya voel die nagevolge van sy aksies. Lincoln se journey dwing hom om iets onverwags te doen. Obakeng wys vir Cebisa hoekom hy die baas is. Gabriel gate crash ’n vrouevergadering. Zandre en Anja verras hulle familie. Dinge ruk handuit toe die vroue na die gemeenskapsaal march. Cebisa se mag gaan na haar kop toe.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Zitha is óp van agter ’n man aan hardloop. Tshidi skok mense toe sy onthul wat sy wil hê in ruil vir haar hulp. Lucy se liefdadigheidsgeleentheid is ’n groot sukses totdat iemand haar spotlight steel.

Jack is geskok toe hy hoor waarmee Cosmo besig is. Lesedi se angsaanval skok haar familie.

Crazy J sal enige iets doen om sy online status die hoogte te laat inskiet.

Tau haat dit om ’n geliefde te manipuleer. Smanga kry verpletterende nuus. Die broers besluit om vrede met mekaar te maak.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Gaan Esti uitvind vir wie Ben in die stilte sien? Matrone is geskok toe daar skinderstories oor Hilda aangedra word.

Jacob word gekonfronteer met geheime uit sy verlede. Fikani ontwikkel gevoelens vir iemand spesiaal. Lesedi moedig Bonita aan om aan te beweeg met haar lewe.

Aggie is opgewonde oor haar toekoms met Vince. Mariaan vra André vir regsadvies. Diederik en Olivia bring tyd saam deur. Connie sukkel om haar ware gevoelens weg te steek. Matrone vind uit van Jacob se verlede.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & Kie

Carmen en Rhafiek kry nuwe momentum met hulle maatskappy. Ian spoeg vuur toe hy daarvan uitvind. Justin het ’n nuwe vriend wat die rus in Tyron se huis versteur. Bridgette vind uit Stefan en Tim besit nie meer die skildery nie. Justin verwyt homself dat hy Mrs J se Kersverrassing bederf het. Carmen en Rhafiek oorweeg dit om ’n groot kans te waag met hulle besigheid, min wetend dat Ian agter hulle rug gekonkel het.

Lee-Ann en Mrs J besluit tot Bridgette en Ian se ergernis om hulle uitgebreide familie by hulle Kersplanne in te sluit. Danielle kry ’n blink idee en Lee-Ann ondersteun haar. Rhafiek sukkel om by te hou met sy werkslading en Ian word amper uitgevang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters