3 maande gelede
Haar aankondigings skok Nina se staff
VURIG: Nina (Khabonina Qubeka) doen weer haar ding in Isidingo.Foto: youthvillage.co.za  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Sechaba word in ’n hoek gedryf. Lalage se jongste besluit oor Wendy laat die wenkbroue lig.

Phindile gaan oor tot aksie. Florence kry ’n onverwagte lifeline.

Sechaba is vasberade om te kry wat hy wil hê. Nina skok haar personeel met ’n aankondiging.

Olivia nooi Anja en Obakeng vir ’n nag om te onthou – maar dinge verloop nie so glad nie.

Gatanga se drome veroorsaak onmin in die Sibeko-huishouding.

Wendy en Florence is in die sop toe ’n verrassing opdaag. ’n Seismoloog gee die myn die all-clear.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Lucy sê vir Mrekza hy is jaloers op haar. Jack se wêreld word weer onderstebo gekeer. Lerato se verrassing misluk klaaglik.

Cosmo se hart bokspring toe hy Boipelo in haar trourok sien.

Zondiwe kry ’n boodskap wat haar koue rillings gee.

Fikile sit alles in om die man te charm wat sy in die oog het.

Zitha se sondes haal haar in. Mpho kry ’n ultimatum – hy moet regkom of sy geheim kom uit.

Ontwikkel Crazy J ’n crush op sy tjommie?

Die Russe spoor Tshidi op.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Gabby kry dagdrome oor haar bewonderaar.

Khethiwe begin met ’n nuwe stokperdjie.

Lesedi praat met Jacob oor haar liefdeslewe. Matrone maak oop teenoor Willem.

Marko leer ’n jong man ’n waardevolle les. Olivia ondersteun ’n baie benoude Diederik.

Gabby pak uit oor haar woonstelmaat se slegte gewoontes.

Diederik kry darem goeie nuus.

Matrone bied Fikani vertroosting. Mariaan voel baie pessimisties oor die toekoms.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & kie

Pierre se besluit vang Bridgette onkant. Mrs. J en Mymoena probeer Tyron se werksituasie oplos.

Die Gerbers besluit om verder vir Gloria te sorg.

Nuwe onthullings toets Pierre en Bridgette se verhouding. Wade staan op vir sy broer. Michelle en Stefan kry onverwagte nuus.

Bridgette verwerk haar teleurstelling. Die Gerbers deel hulle goeie nuus met almal. Tim worry oor sy broer.

Die Gerbers hink op twee gedagtes oor hulle babaplanne. Wade wil sy broer help en Tim maak teenoor Chris oop oor sy planne vir Suidooster Eiendomme.

Bridgette is weer reg om te werk. Tyron beplan ’n spesiale dag vir Lee-Ann. Die Gerbers steun Gloria.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters