4 maande gelede
Gog’Flo se geskel skok die familie
OPPIEKOFFIE: Gabby (Blyde Smit) en haar kollegas is opgewonde oor nuwe planne.Foto: FACEBOOK  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Manqoba worstel met ’n geheim. Gatanga sit sy voet dwars toe hy Sibiya moet help. Die tragedie laat die Lategan-familie bond.

Nadat sy Claudette ontmoet het, is Lungi bekommerd oor die nuweling se teenwoordigheid in die Deep. Veronica jaag haar drome na en Sibiya leer iets nuuts oor Makgorometsa.

Zandre maak ’n deurbraak. Sibiya kondig iets onverwags aan.

Lungi is geskok deur Manqobas se duister onthulling. Morongwa is geïnspireer deur haar vriend om aandklas te loop.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Lucy wil Mrekza bel en dinge regstel. Zondiwe maak ’n skokkende ontdekking. Tau besef iets is nie pluis nie, maar hy kan nie sy vinger daarop lê nie.

Sphe is geskok oor wat Ayanda laat val. Die familie is geskok toe Gog’Flo begin skel. Gadaffi weet nie hoe om te voel oor sy vrou se onthulling nie.

Dinge word warm in die hospitaal toe Jack sy gesag wil afdwing. Mazwi is vasbeslote om sy broer te vernietig. Sphe is geskok toe iemand vra sy moet die persoon help om te sterf.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Gabby en Kopano is opgewonde oor nuwe vooruitsigte vir hulle. Mariaan moet ’n moeilike besluit neem.

Aggie se vriende maak haar verjaardag iets baie spesiaals vir haar.

Hilda moet besluit oor wat die belangrikste vir haar is. Die Hill­siders kry skokkende nuus.

Die mededinging om nuwe stories vir die koerant te kry, raak al warmer. Bonita is vasberade om ’n ou vriendskap te laat herleef.

Hilda neem ’n baie onverwagse besluit. Jacob staan bankvas agter Kopano en moedig hom aan.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & Kie

Justin probeer regmaak wat hy verbrou het, terwyl Stefan vreemd oor Stella optree. Ian haal sy frustrasie met Bridgette op Lee-Ann uit.

Bridgette is desperaat, en desperate mense doen desperate dinge. Michelle pleit dat Stefan sy skuld­erkenning terugtrek.

Ian stuur vir Bridgette ’n dubbelsinnige boodskap, terwyl Justin nuwe newe-effekte ervaar.

Michelle nader mense om namens Stefan in die hof te getuig.

Ian is vuur en vlam om weer vir Bridgette te baklei. Justin se stryd met die steroïede lei tot skokkende gebeure in Oos Wes.

Stefan wil opnuut vir Gloria help, maar Michelle waarsku hom daarteen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters