9 maande gelede
Gadaffi sit ’n prys op Namhla se kop
romanties: Mrs. J (Theresa Sedras) nooi Ronald vir ’n intieme ete.foto verskaf  ~ 

Suidooster, Maandae tot Donderdae 20:00 op kykNET & Kie

Mrs. J se geliefdes reël ’n verrassing. Danny probeer iets anders doen om tot haar pa deur te dring.

Michelle het ’n moeilike dag. Stefan stel ’n ultimatum, maar dit verloop anders as wat hy gehoop het. Mymoena is besorg oor sy glo Rhafiek se morele waardes is padop.

Chris konfronteer Simon. Simon probeer vrede maak met Danny, maar Tim dink dis ’n klug. Mrs. J nooi Ronald vir ’n intieme ete. Stefan wil uitvind hoe Michelle regtig oor die egskeiding voel.

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC 3

Ben word agterdogtig toe hy Nina en Nikiwe saam sien. Lerato kry grootkop. Nikiwe skok steeds almal met haar vreemde gedrag en Nina gebruik dit tot haar voordeel.

Lerato klim elke dag net hoër op die suksesleer. Nina stuur haar ouens om SG se goud te steel.

Nikiwe soek Nina se hulp.

Gabriel probeer Wendy oortuig hy het verander en hy nooi Wendy vir ’n drankie.

Die dwelms het Nikiwe by breekpunt. Sechaba en Lerato raak al hoe meer vervreemd.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC 2

Kopano het ’n dilemma. Nozi is agterdogtig oor Charmaine vreemd optree. Weet Hilda waarvoor sy haar inlaat?

Gaan Vanessa uitvind Justin was oneerlik met haar? Amorey maak oop teenoor haar pa. Sal Diederik die verlede kan vergeet en aanbeweeg?

Matrone is agterdogtig oor die vreemde goed wat in die Heights gebeur. Rickus is aangenaam verras toe hy sien wie terug is in die Laan. Gaan Bonita se scheme uitwerk soos sy hoop?

Generations, weekdae 20:00 op SABC 1

Tau is teleurgesteld toe sy meisie vir hom “nee” sê. ’n Geveg ruk handuit – en dit voor die kameras.

Namhla probeer ’n niksvermoedende Mr. X verlei. Die gedwonge uitsetting word gewelddadig.

Zitha is woedend omdat haar kontrak reg onder haar neus gesteel is. Lucy is gatvol vir haar ou se slegte bui.

Het Nandi eindelik haar roeping gevind? Sphe is geskok toe sy sien wie haar minnaar ontmoet. Gadaffi sit ’n hit op Namhla.

Daniel se vyande piemp hom by die polisie. Tau is agterdogtig oor die e-pos wat Fana ontvang het.

Cosmo word beveel om Zach sy lyk te vind. Zoë is nie bly toe haar flambojante sussie opdaag nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters