10 maande gelede
Gabriel se dag in die hof breek aan
jaloers? Vanessa ( Ingrid Vraagom) sukkel om Xander se situasie te aanvaar. FOTO VERSKAF  ~ 

Suidooster, Maandae tot Donderdae 20:00 op kykNET & Kie

AB is woedend vir Rhafiek en boonop moet hy nog met Kamaal ook deal. Dit lyk of Emma eindelik Michelle se hulp gaan aanvaar.

Mrs. J en Ronald begin mekaar se geselskap al hoe meer geniet. Tyron moet ’n belangrike besluit neem. Lee-Ann word al hoe agterdogtiger oor Ronald, maar haar suster stem nie saam met haar nie.

Tim wil sy kloue in die Bo-Kaap-projek slaan. Michelle vra Chris om haar te help om Emma se ma op te spoor. Wade gesels met Emma oor sy verlede.

Generations, weekdae 20:00 op SABC 1

Namhla pleit vergeefs by haar familie. Fana is nog nie gereed om Ntombi die waarheid te vertel nie. Zitha is geskok oor wat sy op haar laptop sien.

Sphe se hart ruk toe sy sien wie teruggekeer het. Jack is bly om Mazwi se goeie nuus te hoor. Nandi is geskok oor Molefe se versoek.

Fana wil hê Ntombi moet saam met hom KZN toe gaan. Carol stem in om Tau te verlei.

Die Morokas is onbewus daarvan dat dit laaste keer is dat hulle hul grootoom sal sien.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC 2

Matrone besluit om sake self op te los. Mariaan het genoeg gehad van Amorey se gedrag. André moet besluit waar sy prioriteite lê: Dis óf sy besigheid óf sy vriende.

Gaan Willem hierdie geheim stilhou? Justin wil nou gesonder leef. Vanessa sukkel om te aanvaar dat Xander saam met albei sy kinders tyd moet deurbring.

Gaan Rickus Olivia uit die situasie kan help? Fikani wys Justin hoe dinge in die gym werk. Willem is nie gelukkig met Amorey se besluite nie.

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC 3

Gabriel se hofverskyning kom al hoe nader en hy soek ’n lawyer. Anja hou steeds aan met die leuen dat sy matriek geslaag het.

Morongwa blyk Kgothalo en Lerato ’n werk te vra. Nina word gekonfronteer deur die harde werklikheid van haar lewe.

Gabriel se dag in die hof breek eindelik aan. Nikiwe kry ’n onverwagte oproep. Hendrik en Lalage druk hul kinders om hulle reg te kry vir varsity.

Morongwa se magic hande laat almal woordeloos en verward. Gabriel maak hom reg vir ’n strawwe vonnis, maar Nina kook haar eie plannetjies. ’n Woedende Lalage keer Anja voor en Anja weet dis tyd dat die waarheid uitkom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters