5 maande gelede
Fikile wil agter kap van byl kom
O-o! Irvine van der Merwe se karakter­ is in die sop by Mrs. J in Suidooster.  ~ Verskaf

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Ayivor stem in om Mayekiso na HD te lok. Patience vergewe haar man nadat hy ontrou was. Marius maak ’n move op Lalage wat haar ongemaklik laat.

Die liefdesdriehoek tussen Sibiya, Cebisa en Patience raak intenser. Anja sien iets wat haar agterdogtig maak teenoor ’n familielid. Dinge bereik breekpunt toe twee aartsvyande van aangesig tot aangesig kom.

Lincoln kry sy mojo terug. Sibiya se manewales byt hom aan die stert. ’n Slegte droom laat Patience worry oor haar huwelik.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Cosmo is te trots om te erken hy is uit sy diepte. Boipelo druk Lucy se knoppies sonder om te hard te probeer. Jack glo hy weet wie die stalker is.

Die Pharmacist gáán nie geïg­noreer word nie. Die stalker vat dinge tot die next level. Palesa is geskok oor wat Gadaffi wil hê sy moet doen. Lucy waarsku haar vriend sy speel met vuur.

Boipelo kyk Cosmo aan met nuwe oë. Fikile is vasbeslote om die waarheid uit te vind. Mpho word agterdogtiger oor waarmee sy huismaat doenig is.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Romeo is glad nie in ’n goeie bui nie. Matrone beplan ’n vakansie.

Alexa huiwer eers voordat sy instem om iemand ’n guns te doen.

André maak die verkeerde gevolgtrekking.

Diederik verduidelik sy afwesigheid.

Connie is oorweldig deur emosie.

Esti gee vir Alexa dansklasse.

DeWet maak ’n business move.

Diederik gaan na ’n dokter en soek raad.

Connie en André het ’n groot uitval met mekaar.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & kie

Bennie word ingetrek by Naz se planne om die besigheid uit te brei.

’n Misverstand veroorsaak spanning tussen Wade en Zoe.

Liezl maak meer oop teenoor Justin.

Mrs. J het ’n appeltjie met Nazeem te skil.

Tim en Bridgette word ’n krag waarmee rekening gehou moet word. Die Gerbers is gestres oor Quinton. Wade swoeg soos hy die vure doodslaan.

Ryan vra om verskoning aan die Gerbers. Justin nooi Liezl na ’n beach-paartie. Wade weet dat hy en Zoe saamhoort en niks gaan hom keer nie.

AB kry ’n onverwagte besoeker.

Liezl tree vreemd op.

Die Gerbers kry skokkende nuus.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters