11 maande gelede
Diederik en Alexa is nou groot pêlle
fokus: Nina Zamdela (Khabonina Qubeka) soek haar Rec-aandele terug. foto verskaf  ~ 

Suidooster, Maandae tot Donderdae 20:00 op kykNET & Kie

Mrs J word opgeneem vir behandeling en haar bure is net so bekommerd soos haar dogters. ­Nuraan is opgewonde oor haar en Rhafiek se planne.

Tim verras sy pa. Stefan is terug en hy soek ’n antwoord by Michelle. Rhafiek wil iets spesiaals vir ­Nuraan doen en vra Bianca vir hulp.

Rhafiek word op die vingers getik oor sy uitstappie saam met Nuraan. Bridgette weier skielik om haar ma in die hospitaal te besoek.

Stefan doen ­Mi­chelle ’n voorstel.

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC 3

Gabriel vertel Eddie ’n halwe waarheid oor wat gebeur het die aand toe hy by die penthouse aangeval is.

Nina deel goeie nuus met Georgie en dit sit hom in ’n beter bui. Sechaba raak net nog kwater toe hy besef Lerato neem besigheids­besluite agter sy rug.

Nikiwe gaan voort met haar anti-misdaad-veldtog en Nina is vasbeslote om haar Rec-aandele terug te kry. Nina word uitoorlê deur Nikiwe en Benjamin, en kom agter die kap van die zama-zama-byl.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC 2

Gaan Diederik die verlede vergeet en aanbeweeg? Mariaan sien lig aan die einde van die tonnel. Christo­pher sien uit na die toekoms.

Justin is geskok toe hy sien wie in Hillside opdaag. Charmaine is bekommerd oor Xander en Vanessa se toekoms. Fikani en Rickus is gereed vir oorlog op die squash-baan. Bonita is desperaat om haar lewe aan die gang te kry.

Amorey is niks hêppie oor Alexa en Diederik nou tjommies is nie. Nozi en Kopano deel skokkende nuus met Hilda en Matrone.

Generations, weekdae 20:00 op SABC 1

Lesedi gaan na Cosmo toe Lucy haar in die steek laat. Mazwi kom iets te hore wat hom baie kwaad maak.

Sphe gee haar beginsels prys om haar dogter se onthalwe. Ntombi is dankbaar toe Fana haar red.

Nandi kwets onwetend een van haar pasiënte. Tau en Nolwazi maak magic saam. Mpho kom huis toe met wonderlike nuus. Jack onthul sy groot plan vir die toekoms.

Zitha is op ’n missie, maar sy weier om dit te erken. Mazwi soek meer uit die grond-deal of hy is uit. Uncle Kabisi se aankoms is nie vir almal by die Moroka-huis goeie nuus nie.

Tau bring ’n hot date na die werk se funksie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters