5 maande gelede
Die laan sien uit na Valentynsdag
raadop: Olivia (Nadia Herbst) gaan soek advies by Matrone.foto verskaf  ~ 

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & Kie

Mrs. J weier om oor haar gevoelens te praat. Deelnemers aan die kompetisie probeer om Wade se guns te wen. Ian maak Chris ’n aanbod en Michelle twyfel oor Stefan se paartie.

Mymoena en Carmen raak toe­nemend vyandig oor die kookkompetisie. Bridgette wil Mrs. J bederf.

Tim is onseker oor sy pa se betrokkenheid by Suidooster Eiendomme. Bridgette verras Mrs. J, en Tim het ’n surprise vir Danielle.

Die Samsodiens besef die kompetisie tussen Mymoena en Carmen kan tot groot huismoles lei.

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Gabriel word wakker met die koerante wat hom as korrup uitkryt.

Lalage probeer uitvind vir wie se kamer Hendrik betaal het. Phindi, Mpumi en Lungi ervaar ongemaklike oomblikke.

Gabriel se uitdaging aan Sechaba om sake in die openbaar uit te baklei, word aanvaar. Lincoln help Lalage om professionele hulp te kry. Lalage se kopsiekte plaas druk op haar en Hendrik se huwelik.

Gabriel vang Sechaba onkant. Die debat raak warm en een kandidaat word uitoorlê. Makgorometsa vertrou die verkeerde persoon.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Gadaffi se geheimsinnige houding maak mense agterdogtig.

Tau kry ’n e-pos by die werk en vat die pad. Die heist crew is geskok toe Gog’Flo hulle uitoorlê.

Lerato besluit om sake in eie hand te neem. Mazwi se kommentaar laat Tshidi diep dink.

Crazy J is onseker hoe hy moet voel oor Kabisi se aankondiging.

Zitha se leuens haal haar in. Dinge ruk handuit tussen twee sibbe. Lesedi is vasbeslote om alles in te sit.

Sphe smeek haar beskermer om haar nie in die steek te laat nie.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Aggie is glad nie te gretig om haar nuwe projek by die werk te aanvaar nie, maar sy het nie ’n keuse nie.

Die Hillsiders is vol afwagting oor Valentynsdag­ en kan nie wag om die romantiese dag te vier nie.

Charmaine maak teenoor Jacob oop oor haar verlede.

Mariaan is erg beskermend oor Willem.

Die Welman-huis is onrustig. Jacob staan rotsvas agter Char­maine­. Olivia ervaar ’n oomblik van swakheid.

Aggie oorreed Esti om aan die feestelikhede op Valentynsdag deel te neem.

Olivia gaan na Matrone vir raad. Rickus maak ’n ontstellende ontdekking.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters