9 maande gelede
Die arend-ou word uiteindelik gewys
Hendrik is kwaad oor Lalage (Elma Postma) ’n sel by ’n man gekry het. Foto: NETWERK24  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

’n Journo blindside vir Ntando. Sithembiso kry by Sechaba die raad wat hy so nodig het.

Lincoln lê besoek af by Nina. ’n Oomblik van oorwinning draai baie sleg uit vir die mynwerkers.

Sibiya en Makgorometsa is gespanne toe Ntando vir hulle sê hy sal ’n verklaring uitreik oor die mynwerkers se toekoms.

Hendrik is ontsteld oor Lalage se nuwe foon. Clive soek ’n cut van Nina se prossie-besigheid. Ntando sukkel om Lincoln aan sy kant te kry.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Lesedi se klasmaats dink sy jok oor wat by die kamp gebeur het. Fana is geskok om te hoor wie die klaer in sy saak is.

Mrekza word in ’n hoek gedruk en verklap die waarheid. Dinge word gespanne nadat Tina se eks haar probeer kontak. Zitha is omgekrap toe Jack rank op haar pull.

Wie gaan die larney by JMEC word? Lesedi konfronteer Amy in die openbaar. Zitha is geskok oor wat sy sien toe sy by die huis instap. Smanga kyk met nuwe oë na sy vriend.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Bonita ontwikkel gevoelens vir die verkeerde persoon. Die man agter die Arend-masker word uiteindelik gewys.

Alexa stop Matrone se planne. Die Welman-familie kry ontstellende nuus. Willem sukkel om positief oor die lewe te wees.

Kan Marko van sy verlede saam met Emma vergeet en ’n toekoms met Esti bou? Vanessa en Lesedi se vriendskap word dieper. Matrone gee Esti raad oor haar verhouding. Xander bevind homself in ’n ongemaklike situasie.

Suidooster, weekdae 20:00 op kykNET & Kie

Iemand stamp Tim se kar, en Justin is verward oor sy gevoelens. Zoë reik weer uit na Wade, terwyl Mrs J en Ronald die eerste keer baklei. Lee-Ann en Siya se planne vir ’n kliniek beleef ’n terugslag.

Bianca belowe haar ouers sy gaan haar regruk, maar hulle glo haar nie meer nie. Mrs J moet ernstig met Ronald gesels. Stefan vind uit van Bianca se pille, terwyl Vivienne steeds verskeur is tussen Chris en Justin. Ian maak Lee-Ann ’n aanbod vir die kliniek wat sy sukkel om van die hand te wys.

Mymoena kry snuf in die neus oor Bianca. Siya konfronteer Ian en Bridgette. Chris en Vivienne se romanse blom weer, maar dan ontdek Tim iets ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters