8 maande gelede
Crazy J se planne werk nie heel uit
DOENIG: Vince is lekker vies oor Matrone (Annelize van der Ryst) se manewales. Foto: FACEBOOK  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Hendrik en Wendy speel ’n gevaarlike speletjie. Gabriel het meer aangepak as wat hy kan baasraak en soek op die verkeerde plek hulp. Gatanga gee Phindile raad.

Obakeng en Cebisa wag vir hul eerste besending dagga. Die Lategans kan nie met hul demons cope nie. Phindile vermy Ntando oor komplikasies met haar studie.

Lincoln laat Gabriel in die steek. Hendrik en Wendy ignoreer die gevaartekens. Gatanga neem sy pos as instaan-skofbaas te ernstig op.

Sechaba is desperaat. Hendrik se nuus oor Lalage maak Wendy sad.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Iemand sterf toe ’n gun afgaan. Lesedi kry ’n paniekaanval.

Smanga is in die knyp toe ’n fight handuit ruk.

Crazy J maak sy move, maar is verward oor die reaksie wat hy kry.

Zitha try haar bas met leuens red. Die ink is nog nie eens droog nie en die eks-lovers is al haaks.

Ayanda se haastige besluit slaan Tau plat. Tshidi is kwaad toe haar “vennoot” haar ’n rat voor die oë draai. Sphe haat dit om vir haar familie te lieg. Smanga se aksies boemerang. Lesedi probeer haar crush se belangstelling behou.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Aggie wys ’n aanbod van die hand. Charmaine is ongelukkig oor die werk wat by haar bure se huis gedoen word.

Willem moet ’n moeilike besluit neem. Charmaine worry sy is besig om haar verstand te verloor.

Mariaan is vasbeslote om haar plan deur te voer.

Vince en Aggie belowe mekaar om nie hul ooreenkoms teen mekaar te hou nie.

Mariaan probeer by Kopano raad vra. Vince is glad nie beïndruk toe hy weens Matrone se manewales moet ingee nie.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & Kie

Tim let op sy pa is angstig. Rhafiek wil sy plan vir die toekoms met almal deel.

Mrs. J is bekommerd oor Ronald. Siya voel hulpeloos.

Jenny daag onverwags by Chris se huis op en Tim raak agterdogtig.

Ronald gaan nog meer agteruit. Bridgette probeer help, maar ver­erger sake net.

Ian gee Bridgette raad oor Mrs. J, terwyl Bianca ’n groot stap doen oor Stella.

Wade kry hulp met sy voorlegging, maar verander dit op die nippertjie.

Bianca wil baie meer tyd by Stella hê, maar Stefan weet nie of hy haar kan vertrou nie. Danni loop Jenny in Suidooster raak. Wade en Justin vaar die strate in.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters