10 maande gelede
Bianca desperaat vir Lloyd se pille
bloedbroers: Justin (Dann­Jaques Mouton) help sy boetie uit die gemors. foto verskaf  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Ben weier om sy verklaring terug te trek. Dit maak Lincoln nóg kwater. Gabriel en Sithembiso stamp kop. Kgothalo probeer uitvind wat Lincoln beplan.

Met Ben uit die prentjie, probeer Lincoln sy seun vir die wolwe gooi.

Zandre probeer sy ma en pa nader aan mekaar bring.

Hendrik wil sy familie beskerm, maar dit maak net die polisie kwaad.

Nina help ’n baie siek Gatanga. Lalage verloor dit toe Hendrik moetie in die huis wil brand.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Pele is vasbeslote om meer uit te vind oor sy eks se nuwe ou.

Mrekza besef hy is nie meer in charge nie. Die polisie hoor Tshidi het ’n copy van die Lesego footage.

Die klas is geskok toe mnr. Carlson in hegtenis geneem word.

Tau sê vir Gadaffi hy is klaar met hom – vir ewig!

Mrekza hou nie daarvan dat sy partner hom ondermyn nie. Tau is ontevrede toe hy met ’n sak vol geld gedump word. Lucy witness ’n oomblik tussen twee mense wat haar agterdogtig maak.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Bonita is oortuig daarvan sy het die liefde van haar lewe ontmoet.

André hou sy lyf Cupid. Matrone se geheim is uit. Willem sukkel om sy verlede te aanvaar.

Gaan Chris uitvind wat Rickus vir hom probeer wegsteek? Nozi is bekommerd oor ’n vriend. Marko deel sy goeie nuus met Esti. Jacob maak planne vir sy toekoms.

Justin help Vince om uit die moeilikheid te kom. Olivia neem ’n groot besluit oor haar en Rickus se toekoms. Kan Vanessa Bruyn­waves se reputasie red?

Suidooster, weekdae 20:00 op kykNET & Kie

Bianca voel almal het iets te sê oor haar en Lloyd, maar niemand luister nie. Lee-Ann kry ’n olyftak uit ’n onverwagte oord.

Ronald probeer aanpas by die lewe in Ruiterbosch. Vivienne wil dinge tussen haar en Chris regmaak. Bianca raak desperaat vir Lloyd se pille. Vivienne probeer Justin oortuig hy moenie hulle geheim aan Chris verklap nie.

Mrs. J en Ronald se verhouding slaan ’n nuwe koers in. Mrs. J is gretig om haar goeie nuus met haar dogters te deel. Justin het sy ring verloor. Bridgette is steeds omgekrap oor Ronald se uitlatings, maar Zoe se reaksie verras haar.

Justin kan nie ophou om aan Vivienne te dink nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters