Verlede jaar
Barker is gatvol van Sedima
Robert Whitehead  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC 3

Sedima stem in om Barker se storie oor hoe hy die titelakte in die hande gekry het, meer geloofwaardig te laat klink, maar dit gaan Barker kos.

Nina wonder hoekom Majola witweg is nadat hulle ’n lieflike wegbreeknaweek geniet het.

Angie is vol vertroue Ofentse se borgtogverhoor gaan glad verloop, maar daar word ’n stok in die wiel gesteek. Sechaba wonder hoekom Sedima skielik ’n geldgat is.

Kgothalo daag met ’n aangename verrassing by Nikiwe se flat op. Barker is gatvol vir Sedima se gierigheid.

Nina en Bev troos mekaar. Nikiwe is óp van mense wat haar jammer kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters