7 maande gelede
Arm en ryk maak vrede vir Krismis
feestelik: Charmaine (Vinette Ebrahim) maak planne vir Krismis. foto verskaf  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Obakeng doen sy bes om sy droom te laat waar word. Ryk en arm soek vrede en kom saam om Krismis te vier. Hendrik se groot Kerswens word waar.

Lungi neem ’n drastiese besluit oor haar toekoms in die Deep. ’n Krimis-wonderwerk gebeur in die sjebeen. Die Lategans kry ’n onverwagse uitnodiging.

Gaan Lefa se manewales hom in die sop laat beland?

Die mynwerkers blaas hulle bonusse by die sjebeen en Obakeng sien ’n geleentheid. Sechaba en Gabriel is reg om mekaar te pak.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Crazy J is weer in die dog box. Captain makeer antwoorde oor Dmitry se dood. Zitha sit haar voet dwars. Jack wil hê Pele moet sterf en sy tong moet uitgesny word.

Het Mpho sy gedagtes oor sy familie verander?

Lucy is gatvol vir Fikile. Sphe is geskok, maar ook aangenaam verras deur Mazwi se kopskuif.

Lerato is onkant gevang toe haar vriend haar uit vra. Smanga is nie gelukkig toe hy sy broer se jongste nuus hoor nie. Gadaffi is reg om pa te word. Lucy is vasbeslote om terug te kry wat aan haar behoort.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Rickus baklei met Mariaan. Charmaine maak planne vir Kersfees in Hillside. Vanessa beplan ’n groot verrassing vir Karmen. André moet steeds besluit saam met wie hy Kersfees gaan deurbring.

Ben praat oor sy verlede. Vanessa is opgewonde oor die moontlikheid van ’n nuwe verhouding in die Laan.

Die nuwe assistent in die boetiek is opgewonde om met sy eerste dag by die boetiek te begin. Jacob is bly om sy hele familie saam te hê. Olivia neem ’n belangrike besluit oor haar toekoms. Fikani vat ’n spesiale dame uit vir ete.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & Kie

Dis Oukersdag en Tyron se geskenk vir Bridgette boemerang. Lee-Ann stel ’n lokval vir Ian.

Tyron is ’n man met ’n plan. Die Gerbers besluit om ’n impromptu Kersete te gee. Beyoncé ruïneer én red Kersfees.

Bridgette probeer Ian oortuig om sy lokval vir Rhafiek en Carmen te laat vaar, terwyl Justin van voor af in ’n toestand is oor Beyoncé.

Ronald laat Mrs. J groot skrik en Siya moet kom help.

Lee-Ann ontdek dat iets nie pluis is met die Constantia-huis wat Rhafiek wou verkoop nie. Ronald en Mrs. J is knorrig teenoor mekaar. Carmen en Rhafiek probeer die beste van ’n slegte saak maak en Mrs. J word al meer bekommerd oor Ronald.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters