Verlede maand
Yvette was ’n nurse by ’n privaat hospitaal, maar trek nie UIF nie
In aksie: Gershwin Mias (regs) vertolk die rol van Zane Meintjies in Arendsvlei.  ~ Verskaf

ZANE was dié week vinniger hooked as wat hy daai zol gelight het.

Al waaraan ek kon dink, was: Kan iemand net vir antie Dlamini-Zuma laat weet van die zol en saliva wat gedeel word.

Gelukkig praat Wendy toe van multivitamins om jou te laat beter voel. Die vrou gebruik die een of ander effervescent, want sy was weer op haar stukke.

Sybil van die klein koerant met ’n honderd lesers loop toe deur. Terwyl sy besig is met die baie woorde, kan sy gaan ondersoek doen waarom Yvette, wat by ’n privaat hospitaal gewerk het, ewe skielik nie savings het nie.

Almal sukkel met mannekrag, maar daai fancy hospitaal waar suster Ross gewerk het, moes tog seker UIF betaal het – of het Bompie gemaak dat sy niks kry nie?

’n Mens kry vir Anton jammer. Hy moet omtrént die regte resep vind. Aan die een kant moet hy deal met Bompie se dreigemente en aan die anderkant staan Wendy en haar dreigemente. ’n Mens kan net hoop sy gebak flop nie.

Die Emmie-kind is wat bedoel word met “stille waters, diepe grond; onder draai die duiwel rond”.

Die skool-kids het darem baie vinnig ander klere ná skool gaan aangetrek – en dít vir burgers en milkshakes.

Sy word nie raak gesien nie, maar Mielies is steeds op Cloud 9 oor Zane; en dié klong skiet net verby popcorn.

Verlede week het Lorenzo nie eens gegroet nie en dié week praat hy langer as ’n radio-nuusbulletin.

Hy het ook seker die een of ander multivitamin in.

Antie Gerty is upset dat ant Maggie, oom Sylus, uncle Kerby en auntie Jenny nie by die double-wedding gaan wees nie. Die kerkmense was dan nie eens na haar vinnige troue met Johnny by hul huis nie.

Thys staan soos altyd met ’n mond vol tande.

Ronel moes maar eers genoem het die troue is so klein dat nie eens haar pa genooi is nie.

Dit klink my Olivia gaan haar hare by Cupido Cuts doen. As hare gedoen word, word daar mos ’n klomp secrets gedeel.

Laetitia kry toe vir haar en Daniel vier mure, maar hul nuwe warm liefde is van korte duur en dít oor rotte. Daar sit die twee nou sonder ’n pyp. Was dit regtig rotte wat die kos gevreet het, of het Ma Laetitia dit opgemaak?

Hoekom het ook net Linda, Lisbet, Delvin en die ander kinders die rotte gesien, maar Daniel het niks gesien of gehoor nie?

Dit klink ook baie of daardie uncle wat nou in hul pyp lê, simptome van Covid-19 het.

Die les wat ons almal hieruit moet leer, is bly by die huis en gaan net uit vir noodsaaklike items.

Ons deel volgende week weer lief en leed, tot dan – mik hoog!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters