11 dae gelede
Yvette ry af in Eenmanstraat en Hein sit in Singlefontein
arendsvlei
Toneel uit Arendsvlei waar Monique en Bompie by Anton se bakkery sit.  ~ kykNET & kie

DAAI hele toneel tussen Hein en Yvette het vir my soos baba-taal geklink. Al wat ek gehoor het was “gugu-gaga”.

Die skoolopsigter wat nou skielik signs sien, het ’n vreemde manier van flirt. Dis oor hy ál die jare op Singlefontein sit en nou kom Yvette nog in Eenmanstraat verby.

’n Mens kan net hoop daar is ’n kruising aan die einde vir die twee. Die nuwe waitress sien vir baie kans – dalk ook om Hein se hartjie te nurse.

Monique sê “God is good” en haar ma sak af hulle moet die kos eet wat Bompie gebring het. Wie dink hy is die alfa en omega?

Toe Monique soos ’n dancing queen in die Vlei gekom het was Cardo die great dans-partner wat haar verstaan, maar nou dans sy op die wolke oor Anton.

Die bakker gaan sy moves moet ken en mooi broodjies moet bak. Bompie is dalk net ’n prater, maar Langes like skop, Cardo is uit die Vlei geskop en hoe gaan Anton se perm nie lyk as hulle hom skop nie!

Claudia verdien die een of ander medal. Net sy weet hoe sy dit hou onder een dak met Janice, Steve en Lionel. Dit is verskriklik baie gevra.

Die kind herstel nog van haar kidnapping en haar berk wat weggehardloop het om in Londen te gaan hardloop.

Gepraat van hardloop, Olivia Wolfe sit en sny ’n stuk by Bonnie.

Die vrou loop in skaapklere! Annerdag het sy by hul kind se funeral weggeloop van haar man, hom vir jare ge-ignore en nou skielik maak sy ’n appearance. Hulle was ook nog net een keer saam in public, by die begraafplaas, en die vrou wat niks daar verloor het nie, launch haar boek in die Vlei.

Dis reg dat Beatrice vir Hamilton so in- en uitvra. Dis by tyd dat sy en ons ’n bietjie antwoorde kry. Queen B moet nie net sy antwoorde aanvaar nie.

Dis anyway asof daar ’n boek is wat Hamilton nog nie klaar gelees het nie.

As daar iemand is vir wie die leviete voorgelees gaan word, is dit Woelag. Hy loop en hou hom sterkgevriet met Wendy. Duidelik weet hy nie daai goose maak regtig eina nie, en dan gooi sy jou in ’n blik!

Nou word Zane ook nog by die duiwelsdinge betrek – op die skoolgronde. Ons moet maar sien of hy gaan cope. Die klong dink mos sy grootste probleem is skoolwerk. maar eintlik gaan hy goalie vir ánder balle moet wees.

Zane moet hoop dis Thys wat hom vang en nie sy ma nie.

Petra lyk na die tipe wat hom selle toe sal neuk.

Dit lyk daar is steeds geen doel vir Rekkie en Stretch nie. Hulle name maak nie eens sin nie.

Dié twee is so mal soos tien hase. Hulle laat Lionel en Hein selfs ernstig lyk en klink.

Niemand weet ook wat maak die tweetjies in die Vlei nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters