3 maande gelede
Wes-Lee was dié week mock van wil patsy met auntie Dotty
Akteur: Craig Adriaanse speel die rol as Wesley Rossouw in Arendsvlei.  ~ Melinda Stuurman

DIE twee ouens op almal se lippe hierdie week was Roger Federer en Rafael Nadal, want dié twee het Vrydagaand in die Kaap omtrént kom balle slaan.

Hulle het my skoon van Wesley en Lee-Roy laat vergeet, want daai twee was nou vir jou mock dié week!

’n Mens weet nie of jy vir Wes moet kwaad wees dat hy so lekker in die club met auntie Dotty gepatsy het of oor sy lippe so lekker met daai wendy bag se lippe kennis gemaak het nie.

Ek wil ook nou nie judgerig klink nie, maar daai wendy lyk of hy êrens agter in die kas met die Krismisklere, diep weggesteek, hang. Ek het eers gedink die bag gaan Wes hospitaal toe bliksem of sy drink spike. Kaantie is Wes baie willing as hy gedot is en die morning-after die upsetste.

Lee-Roy kan ook nie juis die cheaters-kaart speel nie, want hy het die jaar begin deur auntie Merle se klong te soen. Ons gaan maar moet wag en sien of dit die laaste hekkie vir die twee was.

Kim het ook nou dié week weer vir ons gewys waarom sy maar net die skool se sekkie is.

Sy sal ’n bietjie die klasregisters moet lees, want daai een het nog nooit die naam Maurice gesien nie.

Sy werk met ’n volle matrieksertifikaat by ’n moewiese skool en so waar as wragtag dink Kim dat Maurice moet “more rice” wees.

Daar word gelulu in die Cupido-huis oor die ligsinnigheid, maar Beatrice moes haar net daar vir aanpassingsklasse of die een of ander divine intervention stuur.

Anyway ons weet nou Nathan is eintlik Maurice en dat hy linda ewing oor ’n klomp ander dinge.

Dat Kim nie sy naam kan uitspreek nie maak dit ook oukei as hy linda oor sy feelings vir haar.

Iemand wat nie ’n leuen kan vertel nie, is Lionel, veral nie met Steve wat nou baie gemaklik in Thys se huis is nie.

Wanneer sy terugkom van haar beauty-what-what gaan Janice wens auntie Muriel was nog daar.

Shame Lionel het so gebewe van bang wees, my hand het gebewe. Steve kan gerus vir Wendy ook so gaan in en uit vra.

Gepraat van, sy het weer dié week stadiger by die kerk ingeloop as wat sy praat. ’n Mens weet nie of dit is oor sy bang is dat sy vlam vat nie en of sy mildred is en oefen om by die paadjie af te loop nie. Daai is ook nou ’n voorreg wat sy nooit sal geniet nie.

Wendy raak nogal nou vast Boris, amper soos suster Miems. Al maak Oupatjie haar hoe bang uit die tronk kan sy nou maar regtig as Ingrid uitgevang word.

Ons kan die girl na Eskom stuur, want daai mense mors net met ons. Is so erg, daar is kinnes vannie Vlei wat nie in die week eens kan saam kyk nie.

Dis nou #MikHoog en hoop beurtkrag blus nie jou #LiefEnLeed nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters