24 dae gelede
Wendy se kragtige gebed verander Beatrice in ’n soutpilaar
Rehane Abrahams speel Wendy Newman in Arendsvlei.  ~ Foto Verskaf.

DAT die duiwel eens ’n engel was, weet ons almal, maar so waar as wragtag – daar verander Wendy Newman se gebed ampertjies vir Beatrice in ’n soutpilaar.

Kyk, die girl se gebed dra krag, want dit laat Lee-Roy en Debra omtrént in hulle feelings. Ek wonder of daardie twee ooit aangeneem of selfs gedoop is.

Dis geen surprise dat Wendy nou so geestelik raak nie. Die vrou was dan bleek toe sy hoor Pieter en Emile is buddy-buddy in die tronk.

Daai goose is ’n ander een. Jy dink nog sy bedoel iets figuurlik, maar dan is dit letterlik.

Kyk nou maar hoe praat sy daarvan om ’n klip in die bos te gooi.

Dis nie honderd jaar nie en daar vlieg ’n baksteen deur die kombuisvenster by die Cupido’s.

Dis oor sy byna dieselfde oorgekom het as Edith, Lot se vrou, dat Beatrice haar huis so vol sout gooi.

Sy sal haarself moet vra hoekom al die voorvalle van Nathan en Hamilton daar ingetrek het. Toe die vroue alleen gewoon het, was daar nie problems nie.

Hamilton is so waarlik waar soos John Black. Die man was van dag 1 af net te goed om waar te wees. Maar het ons nou regtig gedink daar gaan ’n ridder op ’n wit perd deur die Vlei kom? Dié is g’n sprokie nie.

Mielies het dié week so hoog geskiet, Cloud Nine is haar nuwe huis.

Die cindy is so verlief, daar was selfs ’n sekonde dat sy vergeet het om te brei. Dit kom nou as jy aan Anita Baker dink.

Elsa sal haar storie met Fred moet ken. Sy kan altyd net sê watter groot ryk sokkerspeler Zane gaan wees.

Die arme vrou sal ook ’n week van gebed moet reël. Ná haar gebed kan Wendy maar vir ons die boodskap bring.

Gepraat van die sokkerspeler – daai bag is waarom daar groepe is wat vra vir lyfstraf in skole.

Zane se fout was om vir Mother Ronel lip te gee. Dis daar waar mnr. Cupido toe Thyserig raak.

Janice is nou weer voorsitter van die drieparty-raad, maar dit was dalk net ’n weekend special tot Steve Mortlock die week vrygelaat word.

Ouboet gaan nie happy wees dat Janice by auntie Muriel en nie by auntie Poppie was nie. Om dinge te complicate het dié maand nog ’n Valentine ook. Hy lulu nooit, so Lionel sal aan nuwe jokes vir Steve moet dink.

Deesdae is Wesley omtrént ’n spierpaleis. Dit kry jy seker van heeldag vee. Ek bied sommer aan om ál daardie sout wat Bea gemors het, te gaan opvee.

Op ’n serious note: Die kinnes vannie Vlei leer ons ook belangrike lesse. Soos Wes wat tans stoei met mental health.

Daar is geen quick fix daarvoor nie, maar net geduld en liefde. Tot dan deel ons in die lief en leed.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters