2 maande gelede
Vra maar vir Anton – die pad na ’n man se hart is deur sy maag
danny ross,beata bena green,arendsvlei
Danny Ross en Béata Bena Green in 'n toneel uit Arendsvlei.  ~ kykNET&kie/Arendsvlei

KIM wil in die skoolvakansie net lees, eet en slaap. Dis wat baie ander onder lockdown in die land ook moet doen – so min as moontlik vir so lank as moontlik.

Wat is dit ook met die sekkies by daai skool wat hulle charger by die skool vergeet? Kan ook nie help om te wonder of Kim nou ’n foon met ’n pap battery aan daardie twee simpel skelms gegee het nie.

Gepraat van – vir skelms praat Rekkie en Stretch verskriklik baie, same Whatsapp group as Hein. Dis seker dié dat hy selfs die stoorkamerdeur vir strangers oopmaak.

By die Abrahams-huis is daar ’n hele discussion oor die inbraak en ál wat op die tafel staan, is ’n bietjie suikerwater. Net niks koffie of eens ’n teetjie om die senuwees te kalmeer nie.

Samantha like ook die centre of attraction wees. Toe Kim so stomgeslaan is, raak spicy Sam ook heel emotional – en daai kind wat emo­tional raak, is g’n mooi prentjie nie.

Al die emosies maak dat selfs ou Thys besef ’n pre-nup is tog nie so ’n slegte idee nie. Ronel, jy sal die man se liefde moet question.

Van al die mense in die Vlei is dit Frank wat nou wil gym, midl­ife-krisis, hoor wat ek sê! Die man het net die ander dag in Elsa se keel afgespring oor sy net ’n aartappel te veel wou koop, maar hier staan en betaal hy om squats te doen. Hy kon dit by sy huis doen.

Die pad na ’n man se hart loop deur sy maag. Ek sê niks, net dat Nicolene eers aan Anton gesê het: “Bak vir my ’n brood,” en nou sê Steve vir die klong: “Bak vir my iets.”

Hoe mean Anton ook om te dink sy soet en sout gaan in die Wendyhouse verkoop. Al wat mense daar koop, is pizza en milkshake.

Met dié Cindy wat bak dat die meel spat, kry Hein ’n Willy Wonka-kerkbasaar-idee en voel om ’n paar sente te maak deur die soetgoed buite die gym, met net vier mense, te verkoop.

Laila is net ’n ekstra met geen boyfriend nie, maar sy gee Monique relationship advice. Yvette moes haar vra: “Weet jou ma jy’s hier?”

Die Uber queen speel weer ’n word-or-two met haar Bompie. Hulle klink soos mense wat nog Mxit-taal chat – daai wat die alfabet op skool geleer is, maar voel om nie al 26 letters te gebruik nie. Selfs met auto-correct sal hulle backspace net om Mxit-taal te chat.

Met ’n mes teen sy keel vertel Daniel wat hy van die threesome undertakers gesien het en die storie klink soos ’n gedig.

Gelukkig weet Saartjie nou sy geheim. Pleks van ’n kombers bring kom sy in die bos aan met drie koppies. Mamma-goed sou sê jy gee nie ’n onewe getal nie. Êrens in ’n kassie staan nou ’n koppie sonder ’n maat wat nie gevra het om alleen op die rak te sit nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters