Verlede maand
Vir hoe lank gaan Daniel en Saartjie nog kringe in ’n bos loop?
hunter plaatjies,aktrise,arendsvlei
Hunter Plaatjies speel die hoofmeisie, Saartjie, in Arendsvlei.  ~ Foto Verskaf

SJOE! Wat ’n week! Ek krap al heelweek kop en wonder waarom Hoërskool Arendsvlei aandeelhouers het.

Wees gou eerlik, man ... Behalwe dat dit ’n familie is wat die skool begin het, het hulle tog nie eintlik ’n sê nie.

Kyk nou maar net hoe ál die shareholders vir Maurice Hendricks wil terughê oor hy Beatrice se lewe gered het, maar drie lede van die beheerraad like nie die idee nie

Die skoolmeneer is nooit aan enige misdaad skuldig bevind nie, maar hy is nie welkom op die skoolgronde nie. Almal van die shareholders en beheerraad is egter oukei dat die ou wat wel ’n kriminele rekord het, met ’n groentetuin op die skoolgrond kan begin. Praat nou van double standards.

Janice is ook nogal vinnig om in haar feelings te spring. Gelukkig het Beatrice nie tyd saam gebring om die first lady of haar feelings te entertain nie. Kyk, soos Janice nou perform, is Steve een van die dae ook op die governing body.

Gepraat van hom, met die dat hy nou kamtig groente by die skool gaan kweek, kan Steve­ sommer ’n ogie oor Daniel hou. Juis dat die digter sy woorde mooi kies – veral rondom Cindy wat haar so slim hou.

Jong Daniel en Saartjie remind my baie aan Saul Barnard en Kate MacDonald. Hulle loop ook net kringe in ’n bos, want hoe lank gaan hulle nog poppehuisie speel in die bos? Die twee gooi omtrent shade na mekaar. Ons wil net weet, is hulle nou amptelik nie-amptelik “friends with benefits”, of knyp hulle net die kat in die bos?

Niemand het nog ooit genoem hulle gaan na Sasha se tuck shop nie, maar Niggie appear nou sodat Anton sy basaarkoekies moet verkoop.

Hamilton het weer troukoors en voor die vader vra hy vir Thys om sy best man te wees, die einste Thys wat kwaad lyk wanneer hy lag.

Dis hoekom Janice hom gelos het, want die man smile nooit nie en as hy smile, lyk hy meer kwaad.

Mense moenie te gou happy raak oor ’n double wedding nie. Geluk is nooit aan Queen B se kant nie. Dis asof die B vir “bad luck” staan.

Monique se enigste moves is om saam met Gavin Galant te skud.

Die Uber queen is wragtag ’n con­fused tienermeisie – haar moods change vinniger as wat mens die lig kan aan- of afsit.

Bompie sal Eskom se stage 8- beurtkrag moet kry om die mood van haar vir ’n paar uur te kry.

Die klong is ook van daai wat die grootmense noem “baie bek en niks binnegoed nie”.

Dit is oor die dancing queen dat Cardo nou met gebreekte bene en tande lê. Die beaulah bag moes ook geweet het ’n toe bek is ’n heel bek. Maar nee, hy wou toe mos ook die noodlot toets.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters