Verlede maand
Steve se groentetuin is om geld te groei
elton landrew,arendsvlei
Elton Landrew vertolk die rol van Steve Mortlock in Arendsvlei  ~ 

OOK by die Cupido’s was Goeie Vrydag nie soos ander jare nie, want so staan die wolf in skaapklere met sy verloofde aan die eenkant en die eksvrou aan die anderkant. Arme Beatrice was so geskok sy kan skaars ‘n woord uitkry.

Is ek die enigste wie wonder net hoe het Olivia Wolfe geweet van Hamilton en Beatrice, want daar was nie ‘n advertensie in die Arendsvleier nie. Dis ook darem baie gerieflik dat sy kan kom sit en tee drink, nog nie eens 24 uur nadat haar eksman verloof geraak het nie. ‘n Eks maak net hul verskyning as hulle iets soek en hierdie Olivia mens was net te kalm Psalm om vir ‘n random kuiertjie.

Arme Hamilton gaan nou vanjaar op gesinsdag moet gayle waarom hy om die kampvuur gesit en linda ewing het, toe hy vir Queen B die eerste keer sy liefde verklaar het. 

Die Lion gym by die skool is ook nou iets van die verlede. Al die gereedskap staan daar in Janice se garage, want almal in Suid-Afrika oefen deesdae tog anyway by die huis. Lionel het die week nogal ‘n punt gehad toe hy sê skinnernuus, nes fake nuus, versprei bleddie vinnig en almal glo dit altyd. 

Iemand wat nog die waarheid moet hoor is Monique, maar die move op cloud nine met Gavin. As die cindy nel excited raak praat sy ook vinniger as wat sy dan, en met Cardo wat nou nie meer haar dans partner is nie, is dit al wat die Uber-queen gaan doen – praat, praat, praat. Sy moet nog net vir Bompie vra: ‘kan jy jazz’. Shame met mammie Yvette wat nie meer wandi nie is Bompie Galant innie world cup. Alles darem net te gerieflik. 

Mense wie nie gerieflik is nie, is Waanie se girls. Hulle Harriets was almal die week on point. Valdonia, Bianca en die girls is dalk nie ready nie, maar hulle perm is gereed vir wat ookal kom. Saartjie het baie nervous gelyk en dis nie eens oor die matriekeksamen nie. Chantal lyk weer soos ‘n heel nuwe mens, wat maak die kind nou want ons hoor nooit nie.Gepraat van al die kinders, waar is Kurtley Neethling of het hy na ‘n ander skool gegaan.

En is Emile nog in die tronk want Woelig het hom dan nou replace as Wendy se skoonthondjie en dit klink dis nie die eerste keer nie.

Hein maak weer dat mens sit en kop krap oor waar hy so baie monica lewinsky kry om sommer ‘n bakery te kan koop. Dit kan tog nie sy pension wees nie want hy werk dan nog en dit lyk ook nie of hy binnekort gaan aftree nie. Die skoolopsigter pas meer as net die skool op, daar is ‘n paar geheime wat hy ook oppas.

Steve se groentetuin is toe heeltyd om die geld wat hy twee dekades gelede begrawe het te groei. Maar wat moet nou gewaar, moetdie skoolgebou opstaan en trek of hoe wil Steve die geld kry. Hopenlik is Steve nie besig om ‘n gat vir homself te grawe nie, want daarvan kan net lief en leed kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters