3 maande gelede
Riedwaan Matthews sal maak dat ek my Christenskap verloor!
maurice carpede,akteur,arendsvlei
Maurice Carpede is Riedwaan Matthews in Arendsvlei.  ~ Foto Verskaf

KYKIE,as #MenAreTrash ’n persoon moes gewees het, dan was dit nou so waar as vet Riedwaan Matthews!

Die man is woorde wat ek nie kan uiter nie, want dan verloor ek my Christenskap.

Jinne, en dan dink Chantel haar daddy is so Amanda Strydom. Meanwhile is hy Nanzuko oor sy Cindy Crawford, wat hom en Hurricane Rose­ kan vang Anita Baker in die huis.

Ek kan dit ook nie oor my hart kry dat ’n anne’ vis in Valdonia se posse kom swem en dít nogal rook-rook nie. Dit is mos net daar waar Job sy geduld verloor, maar niggie is net ashes.

Waanie het Valdonia wel die kans gegee om ’n Oscar performance te gee, maar sy besluit toe liewer om ’n movie te gaan kyk.

Shame, nee, man. Ek sien hoe die vrou binnekort gaan sê #MeToo.

Meanwhile doen Saartjie, sonder Boet en Buks, geskiedenisrevisie.

Meisiekind, ons stel net belang in jou geboortemerk se geskiedenis. Nie sy of Chantel lyk soos Waanie nie.

’n Mens moet wonder by wie Valdonia en Bianca Petersen dan gekuier het.

Arme Beatrice, Ruiter en Sami hoor David het ook rondgekuier en nou is Nathan Koopman die nuwe bio-onnie.

Lyk dis makliker om David se kind te wees as om die Lotto te wen.

Ruiter het wel ’n fake smile gegee. Anders as Bea, wat in Afrikaans die beste beskryf kan word as k*nt verstom.

Aunty Gertie het die week weer op ’n hoë noot begin deur Hazel mooi innie skool te sit.

Maar die oumie moes vinnig briek trap toe sy ontdek Johnny het meer ID’s as binnelandse sake.

Daai Ola bag is vast suspect. Shame, ek hoop hy kan mooi please­ explain, want dit lyk Mildred kuier ook maar gereeld daar.

Lee-Roy se hartjie het weer wawiele gemaak toe hy Curtley se WhatsApp lees en dan Linda Ewing hy wragtag vir Wesley. Die klong gooi klaar so vinnig ’n tantrum.

Gelukkig was Curtley se love letter vir Claudia, maar dis te laat! Die koeël is deur daardie verhouding.

Wes het nou seker gemaak die grootste crib nota val voor Curtley se desk en nie langs hom nie. Daai Belinda Carlisle-onnie het dit ook nie gesien nie.

Dis sad dat Wes nou sulke villain-maniere in die eindeksamen moet wys, man. Lee gaan nou seker weer peacemaker wil speel en net alles opfoeter. Dit is seker maar die #LiefEnLeed in #Arendsvlei.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters