2 maande gelede
Reg of weg, maar Muriel se nee is nee en dit kom selfs met tee
Shaleen Surtie-Richards and Crystal Donna Roberts
Shaleen Surtie-Richards and Crystal Donna Roberts in 'Arendsvlei.'  ~ 

OF DAAR nou ’n broodjie in die oondjie is of nie – hoe kan Beatrice in die kombuis staan en hot flushes kry, maar nie die kombuisdeur oopmaak nie?

Dis oor die vrou in ’n verskriklike lang grys rok slaap. Dit is nie nodig om ’n aandrok vir jou drome te dra nie. Klaas Vakie sê ook: Kom soos jy is.

Ronel het weer nog nie eens ’n overnight bag gepak om die naweek by hom te slaap nie en Thys meng klaar in by dinge wat hom nie raak nie.

Kim ken weer nie haar berk se ma se naam nie, maar kan nie sonder Nathan lewe nie.

Sy moes in haar vorige lewe ’n pope gewees het. Die vrou se geloof so groot soos ’n mosterdsaadjie.

Saartjie is weer na ’n groter boelie as Chantel. Selfs die skollies hardloop weg van haar.

Daar besluit die twee om op Versoeningsdag ’n suster-suster-versoen move te maak en die duiwel kom daarvan te hore.

Dit maak dat Bianca oor haar image worry en sy is maar net acting.

Arme Valdonia sukkel klaar om net ’n ekstra te wees en nou moet sy ’n trok try verkoop.

As “Make It Easy on Me” ’n persoon was, was dit Sybil van die Arendsvleier.

Iemand moet Son maar bel sodat Wendy ’n bietjie op ’n voorblad kan verskyn.

Terwyl Claudia en Debra nog shooketh is oor die susters, vind Wendy dit amusing dat Valdonia en Bianca van dieselfde tipe mans hou. Die vrou appear ook altyd net skielik. Sy is soos ’n muskiet – lastag, maar jy wonder waar die ding is as dit stil is.

Net oor Wendy lewe vir ander se problems moet Muriel Foster ’n bietjie by die Wendy House gaan kuier. Dis die vinnigste wat daar van Wendy ontslae geraak sal word.

Die ou antie sal haar so Milly maak, sy sal Timboektoe toe trek.

Aunty Muriel vat nie hostages nie. Daai diva se nee is haar nee en sy sal jou tee gee.

Arme Miss Janice se beauty salon is eers na die garage geskuif en nou slaap sy op die bank in die lounge, want Lionel het mos ’n rug.

Die arme man het omtrent sy hande vol, maar dit kom nou daarvan as jy jou brood oral wil botter.

Pleks van lekke’ Christmas carols speel Muriel haar kaarte reg en Lionel is Krismis in Clanwilliam. Dis ook maar goed, want Lee-Roy is saam sy berk in die Oos-Kaap.

Janice Mortlock vannie Bontas stiek toe dié week uit, maar sy moet oppas – Muriel het by daai plek sonder borders gewandi.

Net oor dit nie genoeg is dat suster Mary ’n bis antie is nie, is sy ook Clarissa se ma.

Die liggies gaan die week van Krismis omtrent flikker daar by die Foster-huis in Clanwilliam.

Ons hoop maar hulle speel ook Boney M. se “We Wish You a Merry Christmas”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters