2 maande gelede
R5 om die toilet te gebruik is nou vir jou ouchy-wouchy, hoor!
Jody Abrahams. Foto: Verskaf.  ~ 

IN DIE naam van alles wat holy is – die nood moet darem regtig knyp vir enigeen om R5 te betaal. Dis wat Lionel jou gaan charge.

Muriel loop met die hele spice rakkie en gooi shade, woord vir woord sodat jy mooi verstaan. Hier kom ’n kat-geveg!

Arendsvlei se first lady is boonop met haar beauty kits en all na die garage geskuif.

Weet sy alles wat in ’n boks garage toe gaan is wat nie meer nodig is nie en weggegooi moet word?

Thys is weer moeg van sy kitaar tokkel en nou moet Ronel intrek. Waar gaan die vrou slaap en wat van Lee-Roy?

Ons sien klaar Beatrice is moody met weird morning cravings, en dit maar net weke nadat Hamilton langs haar in daai ongemaklike check-slaapbroekie lê.

Gepraat van die man – hy raak nou baie mak.

Hy draf as daar net gesê word: “Spring!”

Ridwaan Matthews is darem nou witbene nadat sy hart besluit het om nie meer te klop nie.

Ouens, los tog jou stront.

Jy wen dalk die physical fight, maar jou hart is nie sterk vir ál die nonsens nie.

Wendy daag ook nie met condolences by Valdonia op nie.

Sy kon darem ’n paar jaart numbers vir die funeral geborg het.

Kaptein Karelse doen weer huisbesoek en die man vergeet vir ’n oomblik hy is nie daar as Dolf Ungerer nie.

Daar sit Valdonia, Bianca, Chantel en Saartjie en discuss Waanie se after-tears patsy. Hulle het my aan Survivor laat dink.

Daai kyk van Saartjie-kind was maar hoeka asof sy vir deddie kon sê: “The tribe has spoken.”

Die dronk-driver was so ’n gemors. Sodat ander haar nie moet jammer kry nie, wil sy dogter nie eens sê haar pa is dood nie.

Saartjie en Daniel sluit die week toe ’n partnership.

Die een wil geld maak en die ander wil moederaarde red.

Dis net die twee speen nie, hulle soek plastiek. Die saak kan óf wegsmelt óf saamsmelt.

Shame albei die cindies verdien ’n bietjie happiness en dit is tog festive, so dis… niks.

Iemand wat nou vir happiness force, is Kim in Wonderland.

Dies Ingrid van Schalkwyk se kind, hoor my lied, want niemand kan so Milly wees nie!

Die vrou kan in Nathan se oë hulle ongebore kinders sien.

Kim, gebruik jou goeie sig om die shiel te sien wat jy gayle.

By the way, terwyl die res van Mzansi met fase 6-beurtkrag geslaan is hierdie week, was die ligte lekker aan in die Vlei.

Die les hieruit is #MikHoog.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters