Verlede maand
Oscar verdien ’n award vir sy dans van die voorhuis tot skool
Sherman Pharo.  ~ Verkaf

SPYT kom altyd te laat – vra maar daar vir Maurice of Nathan, want die wannabe-onnie het dit op die harde manier geleer.

Samantha gaan ons nou weer haar Freddie Kruger-huil gee. Daar is juis ’n Vrydag die 13de volgende maand. Daar sal tog nou ’n nuwe gesiggie in die Vlei moet verskyn, al is dit net om vir Spicy Sam te kom troos.

Daar dans Oscar toe by Hoërskool Arendsvlei in en hy tango omtrént rondom Thys. En dit net om met sy studente in die David Abrahams-skoolsaal te jazz.

’n Mens moet hom admire, want net laas seisoen nog het die gerty in die voorhuis gedans en daar move hy nou in die skoolsaal. Kan iemand hom net ’n Academy Award gee!

Ronel moet nou net vir die mabel ’n musical skryf.

Nog iemand wat die regte moves reguit tot in Beatrice se kantoor maak, is Monique Ross. Die nuwe cindy is vast; sy dans sommer ’n plek in die skool en ’n beurs los.

Haar dans partner, Cardo, is ’n beaulah bag. Met Wesley en Lee-Roy wat opgebreek het, kan Cardo vir Lee-Roy dansklasse vir Ronel en Thys se Freedom Day-troue gee.

Janice reël ’n ete vir Steve met mense wat nie van hom hou nie. Die Vlei se first lady en Claudia leer ons eintlik ’n goeie les – om nie judgerig te wees nie en dat almal ’n tweede kans verdien.

Almal wag nou maar geduldig vir Steve om by die ete te sê dat Thys nie Claudia se derra is nie.

Steve se woelige bra Sergio is omtrént ’n upper-class gangster. Hy praat dan beter Afrikaans as my matriek-Afrikaans-onnie.

Die groot raaisel is: Waar is Vernon nou eintlik? Het die kind die regte vlug gevat? Toe hy met Claudia praat, het die stem in die agtergrond ’n swaar Aussie-aksent gehad en die klong is veronderstel om in Londen te wees.

Ek wonder ook wat by nr. 37 gebeur, want Maurice skiet dan so wragtag vir Wendy mis! Dalk is die vrou se doily die een of ander shield wat haar beskerm. Iemand moes vir Nathan waarsku – hy gaan dit regret om met Ingrid te mors.

Daar staan die onnie wat nie ’n onnie is nie, en sê vir Beatrice meer sorry as ’n bag wat ’n verjaardag of anniversary vergeet het.

Dit gaan darem sad wees as Maurice en Hamilton nou saamwerk en ’n bom maak vir Wendy se posh huis.

Wendy, oftewel Never-Die, sê die anderdag sy is die DJ en die jol is nog lank nie uit nie.

Die girl is reg – sy maak die jol en Arendsvlei vol. Mens weet nooit watter beat kom volgende nie en soms klop dit te lank en ander tye is dit te gou. Daar is dié wat daarvan hou en ander wat die DJ net iets wil aandoen.

Wendy lyk dalk mildred, maar een ding is seker: Niggie #MikHoog.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters