2 maande gelede
Oor die undertaker-threesome is Ma Leatitia nou Mrs. Bones
arendsvlei,quanita
Daniel en Laetitia in 'n toneel uit Arendsvlei  ~ Arendsvlei

DAAR bars Bompie die bom. Mnr. Gelant spin ook nie nog lang stories nie, hy kom spring sommer reguit tot by die punt en vra vir Monique: “Wat klap hier...?”

Sy kan tog nie sê sy is onkant gevang nie – of wou sy regtig net heeltyd Uber queen speel?

Die dansende kind gee vir Bompie net so baie gemengde seine soos vir ons. Sy soek so kamtig nie nou ’n bag nie, maar sê nie Nancy Drew vir ’n paar skoene nie.

Mind you – watter meisie het anyway al ooit nee gesê vir ’n paar skoene – hierdie een dans sommer in hulle.

Mens sou dink ’n ma sou practise wat sy preek. Nie Yvette nie.

Sy raak Jessica Fletcher oor haar Cindy se gift van Bompie duurder is as haar blomme.

Soek die antie ’n Ben 10, ’n jong outjie, of maak sy maar net gebruik van die Monica opportunity?

Steve, Janice en Lionel oefen toe om Undertakers te wees. Hulle is nie juis die beste nie, want hulle verloor dan sommer van die corpse se beendere.

Dis oor die threesome dat Ma Leatitia nou Mrs. Bones is.

Mildred lê en speel met Sydney se bene asof dit Barbie en friends is.

Net om dinge ’n bietjie te vererger, maak Daniel se sleep-walking dat hy dink hy het gedroom toe hy die undertakers in die bos sien grafte grawe. Vir iemand wat nie langs die oop graf gestaan het nie, kon hy baie mooi verduidelik hoe daai leeukop gelyk het.

Die klong het ook nog nooit in sy slaap geloop nie. Hoekom nou skielik? En nog ’n ding – selfs in sy slaap is sy fade in!

Ons sal maar dié week moet sien wat Daniel in die leeukuil maak.

En gepraat van Steve: Hy en Anton was omtrént in hulle feelings. Ek dink nie hulle speel vir dieselfde span nie. Hoor my lied, Steve Mortlock is Anton se derra en dit is hoekom Anton se ma die hasepad gekies het.

Shame, die klong word toe by Hein gelos, want hy is net altyd daar – of jy hom soek of nie – en Steve was net nie in die omtes nie.

Asof daar nie genoeg is om oor te wonder nie, val Travis ook met ’n bos blomme in, nogal op soek na Beat-rice. Sy sal hom beat-right.

Ons moes aan baie dinge begin gewoond raak. Een daarvan is dat die geliefde Weslee nou nie meer ’n item is nie.

Lee-Roy staan en carol oor sy bag Wesley vir twee maande in self-isolasie in ’n ander provinsie gaan, maar het die Gerties nie al in Januarie opgebreek nie? Eintlik is Wes nie dominique nie, want toe hy sy sakkies pak, was daar nog geen corona-virus-gevalle in die Oos-Kaap nie. Dalk moet ek die mable gaan join, net om veilig te wees. So terloops, Woelag is nogal ’n beaulah bag, hoor!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters