5 maande gelede
Nie eens tikkoppe doen dit met een vinger soos Hamilton nie
kevin smith,arendsvlei
Kevin Smith vertolk die rol van Hamilton Wolfe.  ~ Verskaf

AL die koekies waaraan Anton vat, brand deesdae. Dit blyk dat die klong met nuwe harriets uit die Noord-Kaap gekom het, maar sy bak-skills daar gelos het.

Vir ’n mable vannie Kaap vergewe Wesley baie vinnig vir Lee-Roy oor daai soen op Nuwejaarsdag. Normally is daar ’n klomp files op Facebook ná so iets, maar dié twee gee ’n halwe drukkie en als is oor. Wesley se gaap was langer as die drukkie.

Wes wiet ook Lee-Roy raak gou ghetto. Hy sak dan sommer af: “Kykie uncle homophobe Mike kô pad toe, man.”

Hoërskool Arendsvlei het ook dié week begin en Beatrice wil mindsets change met #Vision2020.

Sy’s laat. Meghan Markle het klaa’ met dit begin, en die duchess vat sommer die regte kroon aan.

Die Vlei se first lady en haar eksman is deesdae so vreedsaam, ons kan hulle Forgive en Forget noem. Maar dis dalk nie ’n goeie keuse nie.

Claudia wou name verander en ek weet nie of ek moes carol of lulu vir “Jus Cuts” en “Janice se Kwa” nie. Anton, bak vir Claudia ’n brood! Sy moet net nie aan name dink nie man.

Dit tref my dié week soos ’n weerligstraal waarom Wendy praat nes Neo in The Matrix beweeg. Die vrou het meer trappe as furniture in haar huis. Dis dié dat dit heeltyd klink of sy op of af loop.

Wendy is ook nog baie old school. Dis 2020 en sy hack laptops met hidden kameras. Dis ook oor Hamilton met een vingertjie tik dat hy vandag werkloos is. Jinne, nie eens tikkoppe doen dit eenvingertjie nie!

Intussen word Nathan nogal gou geïntimideer of Wendy loop met ’n skatkis waarmee sy hom blackmail!

Gepraat van technologically chal­lenged: Saartjie is ’n volle hoofdogter en sy ken nie die verskil tussen ’n foto en ’n screenshot nie. Ek hoop tog die Cindy weet wat ’n selfie is.

Shame, ’n mens kan haar ook nie kwalik neem nie. Saartjie het nou uitgevind haar suster se ma het hulle pa vermoor en haar ma het geweet daarvan.

Die kind flip-flop omtrént. ’n Dag voor haar pa se dood gil sy haar pa bestaan nie meer nie, en nou wil sy krokodiltrane staan en huil.

Ons kan darem sug van verligting dat sy self na die priscilla is, met daai rok van haar wat illegal moet wees.

Asof die kind nie genoeg rommel het om mee te deal nie het sy nog wragtag tyd om saam met Daniel te loop en empties soek.

Saartjie, my kind, ek hoop jou jaar word beter, want slegter kan dit ook nie, my meisiekind.

Daar is haar ma ook nou in betties.

Iemand moes ook vir Bianca sê chlora-ma’s praat, skel en skree nie. Ôs taanies gee net daai kyk en dan wiet djy...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters