21 dae gelede
Nes haar dogter Monique dans Gavin Galant sirkels om Yvette
robyn rossouw,aktrise,arendsvlei
Robyn Rossouw is Monique Ross in Arendsvlei.  ~ David Swart

ONSE ma’s ken moeilikheid as hulle dit sien. Kyk maar vir Monique se ma. Hulle is hardekwas, maar probeer die goeie ook in die slegte sien.

Yvette het dalk nie Gavin nie, maar wel Job se Geduld. Die antie gayle net nog te nice met haar dansende Cindy.

Hy het ook eers met die dogter dikgehou en nou hou Bompie met die ma dik.

Wat het Bompie ook gedink? Hy kan mos sien Yvette is nie ’n Ben 10-antie nie.

Gelukkig vir hom hou sy net soos ek van koffie en sê ja nog voordat ons ’n invite daarvoor gekry het.

Die Yvette-vroumens kyk ook uit vir ’n gelukkie en score toe ’n pak full cream-melk en tamaties, saam met haar koffie. Geld bly maar ’n duiwel en Gavin Galant weet wat die mens se weakness is!

Nog ’n dodgy persoon is Steve, wat die verlede in ’n doodskis agter hom wil sit. Die tronkvoël maak dat Lionel ’n feesmaal by die Wendy house order, asof dit sy laaste is. Arme lucky Luke staan en weet nie of hy moet skryf of geskok wees nie. Janice dink weer dis ’n comedy show en kan haar smiles nie hou nie. Vat die first Lady ooit die lion serious?

Sy moes watch hou, maar toe watch Daniel die drie musketeers en ons almal weet die straatkind se lewe is nou in groter gevaar as wat die strate inhou waar hy bly.

Die klong kry ook nooit ’n bietjie geluk nie. Daar was die poging in dié week. Toe Saartjie met hom wou huis toe loop. Ek sou ook nie dat iemand saam my huis toe gaan wat nie genooi is nie. Saartjie is dan ashes daaroor of die huis skoon is, of die skottelgoed gewas is en selfs of Daniel se bed opgemaak is. Vir ’n slimkind weet sy nie first impres­sions last nie.

Counselling is veronderstel om vertroulik te wees, maar daar sit die Godsman en maak ’n confession by aunty Gerty, die ma van iemand wat huweliksberading kry. Die dungaree antie mors nie tyd om ’n storie te versprei nie. Sy maak dat Beatrice nou reken ná Thys en Ronel se berading kort dominee ook berading.

Die skoolhoof moet ook liefs fokus op haar nuwe lewenswetenskapklas en dit nie confuse met lewensoriëntering nie.

As frustrated ’n person was, was dit Thys Cupido. Sy eksvrou, Janice, kan nie geblameer word nie, dis meer oor hy as laitie min aandag gekry het.

Gerty het die klong min met die houtlepel of slipper bygekom. Nou sit arme Ronel met dié manlike chauvinist, wat in 2020 nie die groter prentjie van ’n pre-nup kan sien nie.

Soos dinge nou staan, gaan daar nie ’n troue wees nie. Dis ook maar goed en ’n rede vir reeks 3 later vanjaar. Ja, julle, saam deel ons #LiefEnLeed maar Arendsvlei #MikHoog en wel #SonSienAlles.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters