3 maande gelede
Met die Vlei se daddy issues moet almal vra: Wie’s jou pa?
maurice carpede,akteur,arendsvlei
Maurice vertolk die rol van Chantel (Menicia Sass) se pa, Ridwaan "Waanie" Matthews, in Arendsvlei. Foto: Penguin Films  ~ 

WAANIE is darem griselda­! Nie eens sy vinnige hartkloppings maak lat hy sy dinge los nie.

Die man cheat nie net op sy vrou nie, hy cheat ook op sy jolmeid.

Is asof die vroue soos skofte is wat hy werk. Hy’t te veel stamina.

In dié stadium van die gebed moet ons net sê: “Amen, sy kids is nie soos hy nie.”

Debra reken dat Saartjie en Chantel susters is; is shiel.

Nee, kind, Ridwaan Matthews is shiel en jy moet wonne of hy nie jou deddie issie. Vir Debra en Chantel se sake hoop ons maar Steve is haar daddy.

Bianca hou haar aspris moeilik, maar anita baker met ’n anne vrou se man. Hy linda ewing vir jou.

Ek twyfel Rose het Val se rok gevat. Hulle issie een size nie man.

’n Nuwe scandal broei by die skool wat die acting beheerraadhoof involve. Janice sal nou maar moet terugkom. Thys tokkel anyway nie die kitaar nie en Beatrice speel net Wolfe, Wolfe, hoe laat is dit?

By die skool moet Mielies tog net vir Keegan reg skiet. En wie het vir Wesley gebel, man?

Nathan maak weer dat Saartie dink sy is die Vlei se Greta Thunberg. Jy wil moederaarde red; jy moet jou ma gaan red – daa’s huismoles.

Daniel se klere verdwyn oor hy kaal in die bos slaap. Wat het hy dan gedink? Toe loop en confront en noem hy ’n kleurling-antie met ’n mes in die hand ’n dief.

Gelukkig het Leticia met haar invisible team vir outjie aangeval, die skoolklere teruggekry en, oor dit amper Black Friday is, ’n trollie ook.

Die bonus vir Daniel is toe lekke breinkos – kaas op droë brood – by Milly, wat steeds met almal om haar praat, al kan net sy hulle sien.

Thelma en Louise se Operation Cobra met agent Hein het my omtrent laat lulu. Grootmense kan darem snaaks wees. En die dinge wat hulle doen!

Wie het vir Hein help skryf op daai flipboard? Daar is drie verskillende handskrifte op daai papier.

Duidelik raak dit in Arendsvlei festive, met Hein wat Johnny en Tilla nou Slang en Beskuitjie noem.

Almal weet sonder ’n boks Snacktime is dit nie festive nie.

Selfs die dominee, wat baie verdag lyk, praat van Koekie.

Waar was suster Kleintjie?

Daai kerk-antie is so getug oor haar tug, sy skip nou kerk. Sy sal seker weer soos ’n paar mense wat almal ken, op Oujaarsaand in die kerk wees. Dis nou om die hardste “Nuwe Mens” te sing.

Terloops, oor die Koekiesaak: Ek willie lieg nie, maar ek het nogal gewonder wat van Koekie Loekie geword het. Sy was dan daar vir aunty Helen en aunty Pat, en nou is sy Arendsvlei se mayor.

Mense #MikHoog...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters