29 dae gelede
Meer as pastries bak by Anton se bakkery soos die geheime rys
dean richard olivier,arendsvlei
Dean Richard Olivier vertolk die rol van Anton Venter in Arendsvlei  ~ kykNET & kie

ALMAL weet nou Anton maak nooit huis skoon nie. Sy pa steek duisende in die rusbank weg en in ál die jare het die klong nog nooit daarop afgekom nie.

Gertrude Cupido hou haarself weer die Vlei se Nancy Drew. Sy sit en cross-question vir Hein.

Meanwhile sit sy toe oppie jackpot.

Dit klink asof Sybil finally haar beat as kosskrywer gevind het. Sy laat klink ’n croissant na die agste wonder in die wêreld en laat almal tou staan daarvoor.

Daai antie wat voor in die lyn gestaan het, gooi omtrént ’n pose in haar hoë hakke – en dit vir ’n droë croissant.

Weet enige een of die gebak op die rakke eetbaar is? Want ál wat verkoop word, is dit wat op die trollie is wat uit die kombuis kom.

’n Plan sal ook gemaak moet word om uit te vind hoe Anton dit regkry om sy perm in te hou, veral wanneer hy hom afsloof voor ’n stoof in ’n warm kombuis. Voor die Vader – dit is onmoontlik dat dié perm heeldag so in kan bly.

Hein is al van 04:00 by die bakery. Wat het hy heeltyd gedoen, want teen 08:00 het hy nog nie die klaskamers oopgesluit nie?

Kyk net hoe word Steve een van die dae die assistent-opsigter of iets.

Terwyl Hein nou so lekker sy kroon rondgooi, sit en draai Portia de laaste sent om. Wat het sy tog in The Wendy House gesoek? Sy moes geweet het daar sal sy moet hoes.

Met almal wat deesdae so sukkel om die government se nuwe reëls te verstaan, is dit nogal goed om te hoor die antie weet darem sokker is non-essential.

Die mees confusing deel van die week was die storie wat Mielies vertel het. Niemand het gevolg watter spek popcorn skiet nie.

Beatrice en Hamilton kan weer nie troureëlings maak nie, want hul loopbane hou hulle te besig.

Julle, daardie man is al maande werkloos. Watter loopbaan hou hom so besig? Queen B druk ook vir ’n datum, maar nou is Junie te gou.

Hulle kan soos Gerty en Johnny maak – gaan weg vir ’n weekend en kom getroud terug.

Gepraat van troues. Yvette is deesdae ’n groot Bompie cheer­leader. Weet nie of dit is oor sy werkloos is en niks anders het om te doen nie. Moet maar hoop sy hoor nie trouklokke tussen Bompie en haar dogter Monique nie.

Mrs. Client sit en loer vir kaalgat Lionel en Janice worry oor toilet­papier. Die Vlei se first lady moet by daai mense wat voor die lockdown in Maart alles gekoop het, ’n paar rolle gaan skarrel.

Bekkie en Rekkie het darem baie plak. Hulle loop sommer net in by Wendy se office en maak demands.

Die twee vat regtig gat; noem haar skoons Silky. Gelukkig vat sy nie hulle draad nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters