3 maande gelede
Kan Sister Kleintjie die Matthews’e nie ’n bietjie besoek nie?
maurice carpede,akteur,arendsvlei
Maurice vertolk die rol van Chantel (Menicia Sass) se pa, Ridwaan "Waanie" Matthews, in Arendsvlei. Foto: Penguin Films  ~ 

WAT is Kim se plan? Sy wandie nooit en is heeldag om Nathan, meer as sy skaduwee.

Mnr. Koopman word Maandag toe verwelkom met savouries, want niks sê so amptelik welkom soos ’n worsrol nie.

Shame, toe word die deur in Kim se gesig toegemaak en niggie sien skielik die vullis.

Beatrice en David se Cindy raak weer emotional oor verlore jare.

As vergewe en vergeet ’n mens was, dan was dit nou Queen Bea.

Ek wou sê Kim het ’n week van gebed nodig omdat dit vir Samantha gehelp het, maar almal weet Riedewaan Matthews het die intervention meer nodig. Hoekom het hy nie net melk gaan koop en weggebly nie?

Intussen is Valdonia net kalm-psalm. Ek weet liefde maak ’n mens blind, maar darem nie dom nie. Vrou, die Here is jou Herder, maar Hy help ook wie hulself help.

Season 6 van How to Get Away with Murder speel nou. Kyk, vang tips en maak ’n plan.

Hoekom besoek Sister Kleintjie die Matthews-familie ook nie ’n bietjie nie?

Daardie kerk-antie is so oppit sy moes tog al opgelet het hulle dankoffers is uitstaande of die basaarkoepons is uitstaande.

Hazel skip weer Maandag se biduur net om whisky by Hein te soek. Ja-nee, die lus maak van ’n mens ’n duiwel.

Tog, Dinsdagaand word Gerty gesê om haar oë op die kruis te hou. Toe kom die openbaring en Arendsvlei se Thelma & Louise­ begin met Projek Kobra.

Ek wou vra wat is die age restriction om op mense te spy, maar is moeghieda. Jesus takes the whole pram!

Wesley se bad boy-fase is verby, en die mabel besluit om sy sins te confess.

Hard

Curtley gil dat die hele Vlei moet hoor hy is nie ’n gerty nie. Hy gail niks oor double adapter nie. Ons het almal gesien hy wil Wes hug.

Daniel laat my weer net carol. As Ronel en Beatrice hulle liefdesbrille afhaal, sal hulle sien die klong is in nood en weghardloop van Letitia, die bossiekop-vrou wat met haarself praat.

Een ding: Die lewe is swaar en ’n mens moet baklei om te survive. Gelukkig is Daniel nie Barbra Streisand nie.

Vir my bly Kim ’n raaisel: Sy word na ’n familie-ete genooi en dink dis ’n date saam met die ander gas. Daai een is Mildred Oliphant.

Wat as sy Ingrid van Schalkwyk se Cindy Nel is?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters