13 dae gelede
Hoesie gaan toe sonder om ’n woord te sê net saggies heen
arendsvlei
Ma Laetitia en Daniel buite die pyp waar Hoesie lê. Foto: kykNET  ~ 

DIE laaste tyd het ek met ’n hoesie gesit en Woensdagaand toe is dit skielik net weg – saggies heengegaan.

Só was dit ook die geval in die pyp met Daniel en Ma Laetitia toe hul Hoesie hul verlaat sonder om ’n woord te sê.

Hy lê toe daar leweloos en loer vir Daniel.

Dat Hoesie die emmer gaan skop, kon half verwag word.

Die man het net die vorige dag sy eie gat gesit en grawe. Ons gaan nou net nooit weet of sy bedoeling was om ook in te spring nie.

Die man van g’n woorde het ook letterlik sy laaste vir Daniel gegee.

Ons troos is nou dat begrafnis-maatreëls op vlak 3 darem in die Vlei gehoorsaam word.

Daar in die oop veld in Eerste­rivier by die groot boom word toe afskeid geneem met net Daniel, Saartjie, Laetitia en haar kinders, Delvin, Linda, Lisbet en die ander.

Dit is daar by die einste afskeid van die onbekende man dat die realiteit Daniel ook hard slaan.

Noudat dit net sy en Lee-Roy in die huis is, kan Beatrice hopelik vir nog siele plek maak.

Oom Johnny het dan ook lekker geselskap wanneer aunty Gerty in haar dungaree in die werkswinkel hout skaaf. Die ou man sal dit ook geniet om met die kinders, wat hy nie kan sien nie, te speel.

Gepraat van Beatty – dié sit plat op haar hazel in die middel van nêrens en skrop merke wat nie kan uitkom nie.

Al wat missing was in haar groot skoonmaak-operasie was die brand van miangstokkies. Dit sou die truuk doen om al daardie Wolfe-geeste uit haar lewe te verjaag.

Ondanks haar gebroke hart lewer sy steeds ’n sterk motivational speech by die skool.

Jong, kan Gerty gayle waarom Beatrice dan ’n gehuurde trourok gehad het! Deur alles wat die vrou is, verdien sy ’n refund op daai rental vir ál haar pyn en lyding.

Twee mense wat dié week weer baie vinnig gemove het, was Anton en Monique. En al het sommige dit gesien kom, blyk dit niemand het die move gesien nie. Daardie toneel van hulle wat die dans wen en die soen aan die einde, is nou saam met Bompie net missing.

Meanwhile staan en stry Yvette en Hein oor die kids, pleks dat die twee mekaar net vat en date. Vandat hulle mekaar ontmoet het, maak hulle vir mekaar ogies.

Jinne, selfs Steve is nie so vaak nie. Hy was haar research subject, maar vandat Debra genoem het sy het ’n man nodig, is daar omtrént ’n geflirt tussen haar en oom Steve.

Wie sou ooit kon raai dat Wendy Newman se dogter ’n sugar daddy sal wil hê!

Wat ook al geword het van Miss Independent, Miss Janice gaan net niks like van wat oor ’n sny wortelkoek en koffie kan gebeur nie.

Hier kom meer leed as lief.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters