20 dae gelede
Hamilton is toe die wolf in skaapsklere en Beatty sy rebound
arendsvlei
Hamilton keer vir Olivia voor sy oppad lughawe toe gaan.  ~ 

NOU ja toe! Daar is Hamilton toe die wolf wat heeltyd in skaapsklere innie Vlei dwaal.

Blykbaar is Beatty nou maar net eenmaal nie bestem vir ’n bietjie geluk nie. Eintlik het dinge vir Beatilton begin skeefloop toe hulle so vinnig begin beweeg het.

Daai wat mense sê “speed kills” – dít is die les vir ons almal uit hierdie verhouding!

Siestog, Beatrice was nog besig om oor haar oorle man te huil en toe dans sy al in Hamilton se voorkamer.

Die musiek het skaars gestop of die man trek by haar die slaapkamer in. Julle was nou maar net nie bedoel vir mekaar nie. Hamilton was net die rebound-ou.

Met Hamilton op die punt om dinge met Beatrice te beëindig, kan ons nou maar gereed maak dat Thys en Ronel alleen voor die kansel gaan staan. Dis nou as Lionel, Janice of Lion se mammie nie ’n surprise move maak nie.

Dan is daar ook nog Ronel se geheimsinnige pa. Wat het die oom gedoen dat Ronel hom nie eens ’n brief wil pos wat nooit by hom gaan uit kom nie?

Ek sien die traffic department se toetssentrums is nou weer oop. Iemand gaan net vir Olivia Wolfe moet stuur, want niggie ken nie van in die spieëltjie kyk nie. Hamilton is so groot dat niemand hom kan mis nie, maar die vrou sien hom nie en ry wragtag oor sy voet.

Waar was haar gedagtes? Waar het sy gekyk en meer nog, wanneer het sy daai vliegtuigkaartjie gekoop en haar klere gepak?

Die Wolfe-paartjie is vir jou een groot vraagteken. Hulle het so innie Vlei gekom en is toe jy weer sien daar weg ook.

Gepraat van Olivia; wat het sy eintlik daar by die bakery gedoen? Al daardie fancies op die rakke was by haar aankoms daar en ook toe sy daar weg is. Ek hoop nie sy is betaal vir die ure se rondstaan nie. Yvette sal met haar union oor dié dinge moet praat.

Die frustrasie van al die werk en min betaling het in die Ross-woning gewys toe Bompie soos ’n hond daar weggejaag word. Die skepsel is regtig yskoud. Wil sommer sy hand vir Monique lig!

Die uber queen het darem haar hangertjie teruggekry en begin toe Nancy Drew speel. Die meisiekind vat regtig haar matriekjaar vir ’n gat. Sy dans, vry en skel, maar sit nooit met haar boeke nie. Sy is maklik een van daai wat hoop die 2020-skooljaar word gecancel.

Soos dinge nou gaan, kom Bunnylick nog voordat sy slaag.

Met ’n deel van die waarheid uit is Steve die legend wat nou vir Desmond Gallant se klong ’n les wil leer. In Arendsvlei is daar net lief en leed en hierdie ding gaan vir iemand nie goed eindig nie.

Die Galant-ouens klink na net baie praat. Ek is maar Team Steve. Hy het anyway vir first lady, Miss Janice, in sy corner.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters