Verlede maand
Gayle 2020 soos die mense innie vlei met geloof, hoop en liefde
arendsvlei,daniel
Dis ons cue om in 2020 nie woorde te mince nie, djy gayle!  ~ Arendsvlei

GELOOF, hoop en liefde. Dis nou Arendsvlei se Nuwejaarsboodskap en wens vir 2020 aan ons almal.

Elke keer as Daniel en Laetitia verskyn, is dít wat hulle ons leer. ’n Mens hoor dit ook in die mooi gedigte van Daniel, wat maak dat ek net wil carol.

Jis, iemand sal dié twee in die nuwe jaar darem moet help, man. Ek is net bly die City het hulle nog nie beboet nie.

Aan die een kant wil ’n mens hoop Wendy wys ’n bietjie dat sy ’n hart het en vir Daniel, Laetitia en al die kinders in haar kop ’n dak oor hulle kop gee. Vir die yskoningin gaan so ’n gebaar seker teen ’n groot prys kom.

Teen dié tyd weet almal al by die Wendy House is niks mahala nie. Vra maar vir Emile en David, en nou dié se seun.

As ’n klong jou nie van sy ma vertel nie, moet jy weet daar is fout, groot fout. Wanneer jy nie die woorde “my ma” hoor nie, dan is dít waar jy vinniger as Usain Bolt begin weghardloop. En jy kyk nie om nie!

Oukei, Nathan het seker rede dat hy sy ma in die hospitaal wegsteek, maar hy kan darem at least vir Kim oor sy taanie vertel, of is hy skaam vir haar?

So terloops, is dit net ek wat opgelet het almal in Arendsvlei is ’n mama’s boy? Daar is mammatjie wat net die beste vir haar Baltjies wil hê en daar is Gerty, “die queen van alle pap snoeke”, wat nog fight vir haar “Thyserige seun”, waar Muriel haar baie tuiserig maak.

Mind you, Janice het nou al vir Thys en Lionel gesê hulle moet manne raak, Baltjies is selfs gesê “word Balle!”

Meanwhile reken Nellie die “Tas­manian Devil” is obsessed met Lionel, maar sy piep haar seuna net so op.

Gepraat van, wiet Aunty Merle en Siya die “danger in the dark”-outjie het Lee-Roy gesoen? Seuna het natuurlik nie gekla nie, want niemand kan mos vir Auntie Liz keer nie. Maar so moes Ronel hom help om sy sak uit te pak nadat hy dit alleen kon pak vir die Pearston trip met sy berk.

Muriel is reg: “Djy kannie jou mind opmaak nie, dís hoeko’ die Here jou ’n ma gegie het.” Daai auntie is ’n OG. Sy was shooketh vir ’n paar sekondes oor die aborsie en toe shooketh sy ons met “nei-nei”.

Die stilste Nuwejaar-patsy was die tweeman-een van Gerty en Hein. Die twee golden oldies was die morning after lekke gedot en net ’n kopskiet kon hulle kopseer so vinnig laat verdwyn.

Dit pla my dat die voordeur nie gesluit is nie, want Oom Johnny val die jaar omtrent met ’n klomp woorde in.

DIs ons cue om in 2020 nie woorde te mince nie, djy gayle!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters