Verlede maand
Die Wolfe couple is glad met die bek en net te kalm Psalm
kevin smith,arendsvlei
Kevin Smith vertolk die rol van Hamilton Wolfe.  ~ Foto Verskaf

HAMILTON Wolfe is net te glad met die bek en sy eksvrou is kalm Psalm.

Olivia voel sy stiek soos ’n puisie uit pleks van om te bel, maar sy kan vir Hamilton SMS om haar in die parkie te kry.

Nou hoekom kon sy hom nie voor die visit ook message om in die wendyhuis of parkie te ontmoet nie?

Hoor my lied, ’n eks maak net kontak as hulle iets soek – en Olivia is nie Mej. Wêreld wat world peace kom soek het nie.

Kan Hamilton ook net verduidelik waar hy heelnag was toe hy sy verloofde soos Lot se vrou, ’n soutpilaar, laat staan en agter sy eksvrou aan draf?

Die man het nog geraamtes in sy kas. Beatrice moet ’n bietjie daar gaan krap en nie victim speel nie.

Sy compare nou Hamilton en Olivia met David en Wendy. Nee man, Beatie.

Kelsey sou dié week verjaar. Dis nou ook seker wanneer Hamilton en Olivia mekaar weer, op die herdenking van hul dogter se geboortedag, gaan vind.

Samantha voel dié week sy gaan nooit trou nie. Daai kind!

Jy het ook nie lank gelede nie gevoel jy gaan nooit study nie. Mind you, jou keuse van boy­friends was ook nie van die beste nie. Hulle almal maak ’n draai in die selle.

Lionel eet weer alles soos soetkoek op. Hy vang vir Janice en Steve met ’n graaf en glo hulle het meaning gaan spit. Môre, oormôre spit die man ook op soek na sy meaning, veral met die gym wat nou na die huis geskuif het.

Steve is ook nie so woke soos hy pretend nie. Hy sien nie eens dat Woelig op hom spy nie – en dit nogal vir Wendy. Dit gaan nie so goed eindig nie.

Nog iemand wat meaning gaan soek het, is Maurice.

Dié is sommer met die beddegoed weg en los vir Kim net ’n briefie. Die skoolsekkie kry toe by Beatrice raad.

Anton kry weer sy bakkery, vol stof, en dis Hein wat moet skoonmaak. Die bag kon nogal ’n besem gevat en begin vee het, of is hy bang die stof gaan alles in sy hare sit?

Hy kan by auntie Gerty gaan aanklop om raad. Die auntie sit in haar werkswinkel, waar daar heeldag met hout gewerk word, in ’n spierwit bloes. Daar is nie een merkie op daai wit lap nie.

Dalk kan sy vir Anton tips gee hoe om sy hare teen stof ook te beskerm en sy perm in te hou.

Ek was bly om te sien die hof waar Valdonia verhoor is, handhaaf social distancing. Dit het begin toe sy en adv. Botha geskype het.

Die staatsaanklaer is omtrént op ’n power trip. Duidelik uit om ’n naam vir haarself te maak.

Gelukkig het onvoorspelbare Rose­ weer appear en alles uitgeblaker. Dis oor sy nie kyk wat sy sê nie dat sy nie tjommies het nie. Sy moet nog leer van #MikHoof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters