Verlede maand
Die Vlei se kinders skaam hulle nie om salivia om kos te deel nie
sebastian,wesley,arendsvlei
Sebastian (Zhuander Amerika) en Wesley (Craig Adriaanse)  ~ 

WESLEY is terug van Pearston en toe ons dink in 2020 is daar hoop vir Wes, stiek Sebastiaan soos ’n puisie, loud en proud, vol selfvertroue uit.

Is die jong die rebound of was daar nie nog krokodiltrane by die oud-hoofseun ná sy break-up nie?

Die tweetjies is heel Jessica Fletcher en dít in die bakery.

Wat is dit met die kinnes vannie Vlei wat saliva deel waar daar met kos gewerk word?

Lee-Roy praat van Wesley wat nie PDA doen nie. Seuna, daai Mable het weke gevat net om jou in die oë te kyk. Nou gooi hy sy glitter.

Hoeko’ het Anton die twee nie oor ’n koppie tee in- en uitgevra nie? Ons is tog almal nuuskierig om te hoor waar en hoe en of Wes nou saam die klong terug na die Oos-Kaap gaan.

Die een goeie ding is dat Claudia vir Westiaan gesien het. Dit sou haar hart gebreek het as Debra die twee moes sien. Om nie te praat van Wendy nie. Sy sou die klong seker in ’n container laat gooi het.

Olivia Wolfe se boek-launch was toe dié week. Dit was meer as net die uitdeel van twee boeke en om haar eks te bedank. Die vrou het nie nog tyd saam gebring vir speel nie. Arme Wendy word ook ingedoen en dit oor sy net nuwe maatjies soek.

Beatrice daag toe daar op in ’n rok wat sy daar in Ruiterbosch gaan koop het.

Hamilton se eks is dalk nice, maar voor die Here – watter vrou nooi haar verloofde se eksvrou, vir wie hy jare nie gesien het nie, nie net oor vir aandete nie, maar laat die eks die kos ook maak?

Dit gebeur net in die movies en dan vergiftig die eks die twee.

’n Vrou laat nie sommer enige een in haar kombuis werk nie, om nie eens te praat van die ander vrou nie!

Beatrice moet regtig Job se geduld het, maar gaan dit genoeg wees om die meel-spelery tussen haar verloofde, Hamilton, en sy eksvrou, Olivia, te verdra? Want dit lyk iets bak weer daar.

Monique Ross move regtig baie vinnig – nie net op die dansvloer nie, hoor! Sy het skaars vir Bompie gesê sy is kwaad of daar lê sy oop bene op haar ma se kombuis­tafel. Die Uber queen en haar boyfriend behoort hulle te skaam. ’n Mens werk in die kombuis met kos! Nou moet Bompie môreaand se kos weer vir Monique en Yvette op die einste tafel kom sit.

Die twee het ook geen skaamte met hul spulsgeid nie. Die matriekkind se ma lê net in die ander kamer en hulle twee gaan so aan.

Yvette moet soos ’n klip slaap dat sy nie ’n bom langs haar kan hoor afgaan nie. Dis dít of sy maak of sy weer nie weet wat om haar aangaan nie. Ná die kinders se Anita Baker-manewales gaan ons nou seker oor nege maande weer vir Bunnylick ontmoet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters