6 maande gelede
Die skrif is aan die muur, Waanie is darem vir jou Amazing Grace
maurice carpede,akteur,arendsvlei
Maurice Carpede. Foto: Verskaf  ~ 

AS JOB se geduld ’n persoon was, was dit Valdonia Lee Matthews.

Die Here hoor my, Waanie sou blou jare die lig in daai lampie in die sitkamer gewees het soos ek hom daarmee bliksem.

Aangesien Valdonia nie deure aftrap nie, laat ek maar met die deur in die huis val en meedeel dat Ridewaan Matthews ook nou wyle is. Ja-nee, soos jy leef, so sal jy ook sterf.

Toe Daniel dié week “Amazing Grace” sing, moes ons weet – die skrif is aan die muur.

Die dood kom ook net betyds, want daar is mense wat besig was om ’n taxi op te maak om daai gemors te keer om pimp met sy eie dogter te speel.

Ek moet weer die hardste bid dié week, want Waanie het dat ek omtrent Maandagaand knope vloek vir al sy vuil gedagtes.

Daai daddy-daughter road trip was ook baie weird.

Lappiesgoed en Doring Rose sou voetjies hang. Dit klink vir my meer na ’n #Arendsvlei party bus.

Doring Rose is ook nie ’n lekker girlfriend nie, sy mince nie net nie, maar Roberta Flack ook van die Dina bag. Ek hoop sy en Lappies woon nou happily ever after.

Gepraat van, het julle gesien hoe kom Lappies met dieselfde baadjie van Ruiterbosch in Arendsvlei aan. Dit is amper asof hy net om die draai geloop het.

Gelukkig hoef Valdonia en Chantel nie meer soos stout kindertjies op die randjie van die bed te sit nie. Shame, wanneer sy hoor hoe haar man dood is, gaan die actress weer haar beste performance gee.

Janice en Lionel celebrate toe hulle three-month anniversary in Clanwilliam en kyk wie kom hou toe kers vas, mammie!

Dit lyk of Muriel en Miss Janice lekker koppe gaan stamp en dít oor balletjies. Lionel en Janice moet maar terug Vlei toe. Hulle is tog nie happy waar hulle is nie. 

Daniel dink weer hy is in die leeukuil, maar gelukkig kan die poet ’n man lights out slaan.

Ek wonder net wie almal die bag se hazel gekarla het toe hy ’n plaster loop haal het; was moeilik om dit te mis.

Daniel ontvang awards dié week en my Nelly Furtado is Clarence Carter vir Mammie Leatitia wat dié week vir friendship gaan meet.

Queen Bea en Mother Ronel moet net na al die signs kyk.

So van Beatrice gepraat, dié het vinnig in mom-mode gegaan om Cupid te speel en raad vir Nathan te gee. Die man wil net gaan koffie drink en die skoolsekkie beplan al hulle troue en seker die eersteling se eerste skooldag.

Met pers as haar gunstelingkleur, bevestig dit dat as dating-app ’n person was, was dit Kim Claasen.

Dit maak nou nie saak of mense compatible is of nie, daai een #MikHoog en hou dik!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters