4 maande gelede
Bompie is ’n stranger wat ewe tuis lyk in Monique se kombuis
jarrid geduld,akteur,arendsvlei
Jarrid Geduld speel die rol van Bompie in Arendsvlei.  ~ David Swart

KAN iemand asseblief net aan ons bevestig of dié Monique-meisiekind se huis ’n drive-thru is?

Dié voorbarige danseres wat ouer lyk as wat sy is, staan breëbors teen Bompie, wat baie gemaklik in daai kombuis gelyk het vir een wat sê hy is ’n stranger.

Cindy, hoe laat jy vreemde mans so oor jou drumpel loop?

En dan word daar nog boonop vir mamma-goed oor dié dinge gelieg.

Kyk net wat het daar by Oumie Hazelnuts gebeur toe Jason ook so by Ilke in die kombuis gestaan het.

Ja-nee, en nou sit hulle met Stacey in Gauteng.

Bompie is vir jou omtrént ’n kalant.

Die laitie kan dik hou en hy vat nie nee vir ’n antwoord nie.

’n Mens sou dink hy is ’n telemarketer wat jou ontydig bel.

Shame, dié Monique-kind gaan sirkels om hom dans as sy hoor wie Gavin Gelant regtig is.

Aunty Gerty het dié week die blink plan om voor te stel haar enigste twee kleindogters moet ’n bietjie gaan reis.

Weet die antie nie van die corona-virus wat almal op hol het nie?

Sy kyk óf nie TV nie óf sy is moeg van Samantha en Claudia en is kop in een mus met Steve en Wendy.Gepraat van Wendy, sy het mooi haar pose gehou toe sy Steve ontmoet.

Ingrid van Schalkwyk het soos baie Suid-Afrikaners dié week maar so ’n bietjie bang gelyk.

Net oor daar iets begrawe moes word, het Steve en Lionel die strydbyl begrawe. 

Maar in die Vlei word alles mos ná ’n tyd opgegrawe, so hoe lank gaan die vrede tussen dié twee tog hou?

Veral noudat hulle nog business partners ook word.

Ons is dié week ook remind so progressive soos wat ons voorgee om te wees, is ons maar nog sommer baie konserwatief.

Fred wil nie eens die woord “seks” in sy huis gebruik nie.

Hy is ook nie die enigste nie. Daar is baie Freds en baie Elsas wat meer as dié man saampraat wanneer daar verduidelik word van die voëltjies en bytjies.

Ek is darem dankbaar vir Claudia. Sy het biologie interessant laat klink.

Ek’t maar ’n boris bio-onnie gehad – beter as enige slaappil.

Claudia kan nou sommer met haar matrieksertifikaat die voorligting-onnie by haar oupa se skool word.

Haar ma, pa, ouma en antie is tog shareholders daar.

Nog ’n realiteit dié week is patriargie. Ronel wil net haar jongmeisie- van hou en nie mev. Cupido wees nie en Thys raak Thyserig. 

Arme Sheldene se dominee-pa kry nie eens kans om te bid oor die saak nie.

Thys is so hardkoppig, daar sal ’n week van gebed gereël moet word net sodat hy kan luister.

Moeder Ronel het nogal haar verloofde probeer sagmaak deur koesister van 7de Laan na Arendsvlei te bring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters