Verlede maand
Bompie Galant lyk na trouble en nie jou friendly neighbour nie
jarrid geduld,akteur,arendsvlei
Jarrid Geduld het sy verskyning in Arendsvlei gemaak.  ~ David Swart

DIS moer warm en Sonja Herholdt sing kliphard, maar so waar as vet, daar loop Bompie se tjommie met die dikste jacket in Arendsvlei rond!

Om dinge te vererger, klim die jong nog in ’n oorvol taxi en enige een wat al in public transport was, kan jou vertel die klanke klap kliphard daar. Ons kan net hoop dat Monique die vreemde ekstra gevra het of alles orrait is by die huis.

Kyk, dit vat ook nou nie rocket science om te weet hier kom stront nie, want Bompie Galant lyk nie soos jou friendly neighbour nie.

Gepraat van die voor-op-die-wa-meisiekind, het sy ’n paar keer gedruip? Sy lyk baie ouer as ander matriekmeisies. Kyk maar vir Leila en Saartjie en selfs Kim, wat laas jaar klaargemaak het.

Hopelik daag Fred nie daar by die skool op en loop en vertel die yskoningin dat sy te oud is vir die skoolbanke nie.

Monique se dansmaat, Cardo, ken sy moves – ook van shade gooi. Hoor my lied, hy is Ursula Stapelfeldt en Gayle King, hy’s te glad met die bek. Intussen terwyl hy Popcorn se cup­cakes eet en dit regkry om so ’n droë koekie te laat lekker lyk, probeer Zane nog goals score met Monique, maar dié dans ál om hom.

Steve se ete, wat soos die laaste Avondmaal gelyk het, is toe gehou. Die man het so baie warnings gekry, ’n mens wonder wat was sy oor­treding. Dit maak ook nie regtig saak wat die man gedoen het nie, sy stemtoon is genoeg om my bang te maak. Dit klink dan soos ’n moord-stemtoon.

Ek dink my al in hoe interessant en tense dit gaan wees wanneer Steve Mortlock en Ingrid van Schalkwyk ontmoet. Janice gaan dit nie like nie, maar hy en Wendy sal ’n goeie item maak.

Lionel en Uncle Johnny is weer in dieselfde Whats­App group. Hulle praat sonder om te dink. Die original Dumb and Dumber.

Die PT-onnie kan jou lekker laat lulu, maar hy raak ook fast Brümilda van Rensburg. Johnny hang weer net voetjies en lyk meer na Gerty se skaduwee. Tilla kan die man maar weer kom haal en dan moet sy hom sommer hou ook.

Niemand moet seker geskok wees dat Amelia se ma gedink het sy is seksueel aktief net oor die ma condoms in die kind se rugsak gekry het nie.

Wat het ons verwag met ’n naam soos Elsa? Die Booysens moet bly wees protection word gebruik. Fred wil nie weet sy dogtertjie het eens ’n berk nie en maak hom so tipies voor die gesprek uit die voete.

Is anyway te laat om oor die voëltjies en bytjies te praat met jou kind wat in matriek is. Jy moes die gesprek many moons ago gehad het! Dis maar die lief en leed ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters