27 dae gelede
Bompie-bangbroek vat Langes die nar vir ’n joke
langes,arendsvlei
Langes die Nar in Arendsvlei  ~ 

KYK, Langes is letterlik en figuurlik ’n nar, hoor! En Bompie is baie dinge – kom ons noem hom maar net ’n papbroek!

Monique het die hele negatiwiteit net aangeroep. Dis ook dié meisiekind se skuld dat Anton so pimpel en pers geskop is, maar die Bakersman moes luister toe sy hom waarsku om seker te maak hy sluit die deur.

Anton moet beslis die regte moves maak, want die Uber queen hou nou omtrent van die baker. Sy loop skoons innie middel van die dag uit die skool om met haar boy­friend bakery toe te gaan.

Net om dinge verder te compli­cate, gee sy vir Bompie die koue skouer toe hy haar net ’n bietjie beter wil laat voel.

Dalk het sy nou geleer dat sy haar boeke eerste moes gestel het.

Ek hoop tog Cardo hoor van Anton se ongeluk en hy doen die regte ding deur die waarheid te vertel.

Gelukkig is Steve aan Anton se kant en kan hy vir Rekkie en Stretch ’n doel innie Vlei kry.

Hamilton behoort hom te skaam om in sy verloofde se kombuis met sy eksvrou te staan en flirt.

Olivia was ook baie aspris om die meel so in haar gesig te mors.

Normale mense wil van hul eks vergeet, maar die Wolfes sit en onthou die verlede se hikes en melktert op die kamp eet. Dit het arme Beatrice suur van jaloesie gelaat.

Asof die flirting nie genoeg is nie, staan en soen die Wolfes in die begraafplaas. En dan dink Hamilton hy kan die soen weg slaap.

Gelukkig vreet sy gewete so aan hom, hy voel skoon ongemaklik daar tussen Thys en Lionel en luister trou-stories.

Gepraat van Thys, aunty Gerty was baie naby daaraan om hom oor haar skoot te trek en ’n pak slae te gee. Hy try te Thyserig wees en moet vrede maak dat hy outyds is.

Claudia se wyse woorde sal nie vir Lee-Roy troos nie, want sy self sit sonder ’n berk innie Vlei. Wanneer laas het sy met Vernon gepraat? Is sy seker hy weet nog van haar?

Gelukkig vir Claudia kan Lionel meer as net ’n grap van die lewe maak. Hy het ook darem net die regte woorde vir sy seun. Soms moet jy jouself net eerste stel en dink wat jou happy maak.

Sebastiaan probeer ook weer baie hard om in te pas. Gelukkig was hy nie lank in die omte nie.

’n Mens kan jou ook darem regtig nie oral inwurm nie. Daai klong het net te veel selfvertroue; hy het sommer genoeg vir Wesley en uncle Bradley.

Wesley probeer homself weer oortuig hy het aanbeweeg. Verander sommer sy nommer ook.

Kan iemand net die mable vertel om na ’n ander dorp of provinsie te trek, mean nie dat jy het aanbeweeg nie. Nee wat, gesiggie, die lief en leed in hierdie geval is dat jy maar net wegbeweeg het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters