4 maande gelede
Beatrice ignore Wendy se sarcasm en gifts soos ’n stopteken
 Die aktrise Jolene Martin. Foto: Verskaf.
Die aktrise Jolene Martin is Beatrice in Arendsvlei.  ~ Foto Verskaf

LEE-ROY spring oop bene in sy ma se keel af, net oor sy moederliefde toon.

Die vrou se sonde is dat sy soos baie skoonma’s iets te sê gehad het oor die liefde in haar seun se lewe. As sy nie die gerty se ma was nie, het ek gedink moeder Ronel is ’n non.

Geen taanie sal ná Lee-Roy se gil soos Lot se vrou staan nie. Jy sou ’n slipper of houtlepel gevoel het.

Seuna kan weer nie op sy bag die cheater-kaart gebruik nie, want hy het anderdag speeksel met aunty Merle se klong uitgeruil – nogal in die wendy-huis.

Wes is weer debra oor hy Lee in die sitkamer gestoot het. Wat? Wou hy dit dan in die kombuis gedoen het? Boonop vat die mabel raad van Anton, wat sedert sy break-up met Nicolene nog nie weer ingredients in ’n bak kon meng nie.

Iemand wat wel nog liefde het, is Mielies. Zane sê net “popcorn”, dan skiet sy na cloud 9. Ek sien al hoe staan Elsa met ’n papnekkie by Petra, wat hard stry teen die cindy nell. Inmengerige Saartjie sal haar neus in dié saak moet steek.

Die emo Hamilton is weer ’n moewiese raaisel. Nes Sara loop hy al jare met ’n geheim. Die man vertel toe selfs vir Beatrice, wat om ’n onverklaarbare rede ook emo is. Nou is hy tussen kwaad en hartseer.

Sheldene se ouers is weer soos pres. Ramaphosa met Sona – net te optimisties. Dis asof hulle die feite net ignoreer. Hammy is die oorsaak van daai mense se kind se dood, maar hulle vergewe asof dit ’n ongeluk was.

Nóg ’n emo is Maurice. Dit moet iets daar in die Cupido-huis wees! Kim moet daar intrek, dan kan dít haar excuse wees wanneer sy uitvind sy date en sien iemand wat sy eintlik nooit ontmoet het nie, elke dag.

Die skoolsekkie reken sy is jonk en nog ’n student, maar perform soos ’n ou antie. Is oor sy nooit by haar desk is nie dat mense inbreek.

Al was hy en Steve vast boris, het Lionel my lekker laat lulu. Hy is vrek bang vir die ex-convict, maar stuur nie eens ’n “please call, Steve is uit” aan Thys nie. Dis van jare met mammie opgeskeep sit dat hy so in vrees lewe. Steve dink weer hy en Janice is Boet en Saartjie. Waarom vra Claudia nie hoekom haar oom agter tralies was nie? Ons wil tog almal weet!

Die slay queen Wendy het duidelik niks om haar in die dag besig te hou nie. Sy loop met gifts by die hoof se kantoor in en gooi sarcasm rond asof dit uit die mode gaan.

Die ander queen, Beatrice, is weer te besig vir enige afleiding en werk al aan, asof dit maar net wilna snyman is wat verby vanessa wil­liams waai.

  • Moet tog sê baie geluk aan #Arendsvlei wat dié week nege Safta-benoemings ontvang het. #MikHoog en deel die #LiefEnLeed.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters