Verlede maand
Beatrice het toe nie 'n broodjie in die oondjie
STERK VROU: Jolene Martin vertolk die rol van die dinamiese Beatrice Abrahams in Arendsvlei.  ~ 

MENSDOM het ek nou vir jou die week gelê en rond rol oor waar gaan Muriel slaap wanneer sy in Arendsvlei aankom?

Mammatjie moet net nie met Clarissa daar aankom nie. Janice en Ronel flip klaar ‘n coin oor wie langs Thys slaap en Lionel... wel daar waar ‘n rusbank is, is hy.

Al is die ink op hul skei-papiere nog nie droog nie moet ons seker maar vir Thys en Ronel met hul verlowing gelukwens. Alles met die twee is ook so complicated. Hulle kan sommer vir Salome vra om daai song by hul troue te sing, dis nou as die troue gebeur.

Daar is darem nie ‘n broodjie in die oondjie by Beatrice nie en sy wonder nog wat is fout. Hoe ken die skoolhoof nie van menopouse nie, wie gee lewensoriëntering by Arendsvlei?

Ek hoop Bea kan verby haar hormones kom om te sien wie Shane is, want Saartjie was so gefokus op net een portion sy vang nie toe Leatitea Daniel se geheim verklap nie. 

Arme Hein het weer al sy marbles by die huis gelos. Die word vir Kersfees genooi en kom sak en pak by Gerty-hulle aan. Dink jou in ons almal gaan slaap oor by mense wie ons vir lunch nooi.

Dit lyk na dinge gaan goed by die Booysen-huis. Dit was maar ‘n moeilike jaar vir Fred en Elsa maar as mens genoeg kos het vir ‘n ongenooide gesin, moet dit goed gaan.

Dit gaan so goed hulle het meer Krismis trimmings as daar by die Abrahams/Cupido-huis.Vernon, nes Claudia se pa, praat ook net wanneer hy wil. Nou is sy upset oor hy haar nie van Engeland gesê het nie. Sy moet bly wees sy het nie op Facebook net gesien hy check in op Londen Bridge nie. 

Vern #MikHoog en Claud jou droom is mani en pedi’s in Arendsvlei.

Kim bly maar vir my ‘n vraagteken, sy is besig om vir Nathan netso milly te maak. Die twee staan langs mekaar maar hy moes eers ‘n Krismis-invite met haar bespreek voor hulle kon ja sê. Die twee het ook so baie invites maar gaan net na twee plekke. 

Hulle is ook lekker cheap. Ry na Clifton en wie weet waar, maar dan kom hulle om by die Wendy House te eet.

Sybil het die week ‘n blikwurms oopgemaak wat ons net mooi verpak het. Nou wil almal weer weet hoeveel betaal julle vir ‘n storie. Nee dit gebeur net daar in Arendsvlei, die res van ons betaal nie.

Ons sal nou maar moet kyk of Pieter, Steve en Emile ook deur die president uit die tronk vrygelaat word en watter ander #LiefEnLeed 2020 inhou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters