Verlede maand
Arendsvlei se mammies is so lit, want hulle almal mik hoog
hunter plaatjies,aktrise,arendsvlei
Hunter Plaatjies as Saartjie in Arendsvlei.  ~ David Swart

DAAR is een koerantjie in die hele Vlei, maar die moment wat Saartjie kantoor toe loop, is daar byna meer reporters as dié wat oor Harry en Meghan report.

Asof die cindy nie deur genoeg is nie, raak Chantal weer ghetto.

Gelukkig het haar sussie van ’n ander mammie nie ’n bang haar op haar hoofdeksel nie. Die kind is soos ’n regte kleine Miss World – sy soek net world peace.

Almal is natuurlik bly Valdonia is uit op bail; nie net oor Waanie ’n gemors was nie, maar dit is regtig swaar in die tronk.

Kyk hoe bly het Val geraak vir daai pakkie lemon creams en juicy.

Dis van te veel movies kyk dat Chantal nie geweet het in die tjoekie kry hulle driegangmaaltye nie en as hulle die dag regtig lucky is, kry hulle KFC met dansers.

Dis nog Januarie en almal maak nog planne, maar wie sit hulle hele lewensplan op slides in ’n Power­Point presentation?

Janice moet bykom en dalk self aan ’n paar slides dink vir haar besigheid, want Claudia implement net regs en links.

Ek hoop darem Anton gaan maak ’n draai by Cupido Cuts. Nicolene het hom ’n nuwe hairstyle in die Noord-Kaap gegee en nou loop hy dikbek in die Vlei!

Hoekom het hy nie net vir haar, soos sy gevra het, ’n brood gebak nie. Nou sit die kind met ’n gebroke hart en dít hier kort voor Valentine’s Day.

Dan neuk auntie Gerty nog om hom ’n blok hout te gee; seker om die gap te vul. Ek haat houtwerk, so ons gayle maar nie oor my hart nie.

Dis baie suspect dat ál wat ’n koekie is waaraan Anton vat, brand vandat hy terug is. Maar hy’t iets lekkers vir Lee-Roy. Daai een weet ook net hoe om sy glitter te gooi.

Nathan dink oor hy soos Oprah vir almal lekkers uitdeel, is hy die coolste onnie. Daai cool werk nie met Wendy Newman nie.

Meanwhile is dit nie toeval dat sy van Wolfe is nie, want Hamilton is omtrent die Vlei se John Black.

Beatrice herstel nog van ’n huwelik van leuens. Hoe gaan sy voel oor die man wat met ’n library vol geheime loop.

Arme Zane het weer regtig dololo lus vir skool, maar hy kry gou lus om ogies vir Mielies te gooi. Kind, daai een skiet met ’n regte gun!

Sy ma, Petra, is omtrent weer vinniger as die Kaapse Suidooster. Sy dink ook haar klong hol sirkels om die kinnes, maar dis om sy boeke.

Ouers moenie hulle kinders as engeltjies label nie. Dis die onnie wat dan die swaar las moet dra.

Arendsvlei se ma’s is so lit ek kan nie help om te wonder wat sal gebeur as jy vir Petra, Bianca en Janice in ’n kamer moet sit nie. Die drie ken almal van “fake it to make it”, want hulle #MikHoog.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters