Verlede maand
Anton se bakkery open met genoeg soet-en-sout-sêgoedjies
dean richard olivier,arendsvlei
Dean Richard Olivier vertolk die rol van Anton Venter in Arendsvlei  ~ kykNET & kie

ALLES het daar in reeks 1 begin toe Nicolene daai dag ’n pak self-raising flour aan Anton gee en sê: “Bak vir my ’n brood.”

Kyk nou – daar word Anton’s Bakery dié week geopen en almal wat in Arendsvlei asemhaal,is daar. Oukei, nou nie Bompie en Yvette nie, maar ál die ander mense.

Wendy, wat deesdae omtrent ’n gemeenskapswerker is en by ál wat ding is uitstiek, kom sommer met ’n nuwe titel ook by die opening aan.

Die vrou is nooit eens by haar eie business nie, maar sy het tyd om deel te wees van die body corporate. Ek weet steeds nie hoe sy Debra se ma kan wees nie.

Het ek alleen opgelet hoe almal bang is vir Steve Mortlock, maar die jong het net geld gesteel. Nou hoekom is almal dan bang?

Niemand weet eintlik wat hy daar doen nie, maar die unemployed Hamilton Wolfe dwaal soos ’n gees in die vlei. Nou pretend hy weer om na Hein se sake te kyk.

Dis ook maar goed so, maar dis ook maar net oor hy skielik nie van Wendy hou nie, pleks van vir hom ’n regte werk soek.

Sies tog, Wendy eet nie eens ’n muffin nie, maar word deur ’n bakkery vol mense “tea geserve”.

Dit kom nou van biesag wil wees.

Gelukkig het Steve nie geduld saamgebring nie. Hy wou sommer vir haar net daar uithaal, dat Lionel skoons bang raak.

Hier kom wraak, hoor my net. Al wat Wendy oom Pieter in die tjoekie gaan visit, dan kom sy daar uit met ’n plan en dit is nooit ’n goeie een nie en dit raak altyd die Cupido’s.

Samantha en Claudia beplan steeds hul trippie oorsee. Die twee is wragtag die enigste mense wat nou in hierdie tyd wil travel, en dit nogal Italië toe. Van ons wil maar net uit die huis kom en gaan draf; daai twee wil op ’n vliegtuig spring!

Claud beplan om vir Vernon te gaan kuier, maar weet sy ooit nog waar die klong is? Dit voel my elke week draf hy na ’n ander land, amper soos die corona-virus.

Dié is hoekom jy by die huis moet bly. Dan is jy veilig en jou loved-ones hoef nie te worry nie.

Valdonia is toe skuldig aan Waa­nie se moord en kry ’n opgeskorte vyfjaar-tronkvonnis. Die ligte straf is die aanklaer se skuld. Niggie was omtrént oppit. Is sy nie een van Wendy se handlangers nie?

Daar staan ál die vroue met hul dogters en vier die tronkstraf, en Ronel staan alleen. Hulle kon darem vir Debra genooi het.

Is dit net ek wat vir Emile en sommer vir Christopher en Ilke en Jason mis? Die Bekkie en Rekkie is ligsinnig. Wat is hul gang se naam? Die Jokes?

Dit lyk my Wendy speel pophuisie met haar gang. Dis dié dat almal uit haar lewe ’n exit maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters