22 dae gelede
Anton is nou die dansende bakker – van die kombuis tot die till
robyn rossouw,aktrise,arendsvlei
Monique Ross (Robyn Rossouw) het 'n nuwe dans partner in Anton gevind.  ~ David Swart

JINNE, maar het die bloed dié week gekook vir auntie Gerts!

Die ou vrou weet ook nie wat om wanneer te sê nie. Sy is die oorsaak vir Steve se plan-B, wat net niks goed klink nie.

Anton is nou die dansende bakker. Hy dans letterlik van die kombuis na die till en ná ure is dit met Monique.

Sy trek nogal na Nicolene. Ek hoop hy het ’n wenresep, want om Bompie en Langes sal hy sy moves­ moet ken.

In Yvette se donker tonnel is daar nou weer ’n liggie. Hopelik kan sy brode en koekies nurse.

Zane se lip sleep een dag op die grond en die volgende is hy high. Dié sokkerspeler is besig om own goals te score.

As Portia langs haar klong op die skoolbanke kan sit oor hy nie huiswerk doen nie, wat gaan sy doen as hoor van die drugs?

Sal ’n friendship regtig ’n double wedding kan surivive? Dit was nogal ’n bietjie obvious dat die troues by die skool sal plaasvind en Anton doen ook seker die catering, want ek twyfel of Wendy gevra gaan word.

Die friendship-twee is ook verskriklik ekstra! Beatrice en Ronel kon maar net sê hul trourok moet blou wees. Maar nee, die twee neuk met azure! Weet hulle nie daar is baie mense wat nie eens weet dié kleur bestaan nie!

Vir twee besties moes hulle geweet het wat die ander se favourite kleur is, maar niks daarvan nie. Gelukkig stem hulle saam dat pers nie by Samantha pas nie.

Die kind het beslis nie daai kleur nodig nie. Dalk moet hulle dit vir haar noem – net om haar tale te toets voordat sy weggaan om dit in ’n ander land te loop study.

Daar is drie goed wat my snags wakker hou. Die een is hoe baie wyle David Abrahams lyk soos sy oorle skoonpa, George Cupido.

Dan is daar of Hein op Ritalin is, want niemand kan so hyper wees nie. Jy raak moeg net deur na hom te luister. Hy het so baie woorde; van dit kan aan Lorenzo gegee word. Dié waiter dwaal net in The Wendy House. Ander waiters appear altyd onverwags wanneer jy met ’n mond vol kos sit om te vra of als oukei is.

Woelag se Afrikaans is vir my net té woelig. Hy klink soos ’n Afrikaans-onnie. Samantha, wat nou wil wegvlieg, moes dalk tale by die gangster gaan leer het.

Die skool se hoofmeisie, Saartjie Petersen, wil nog steeds Captain Planet wees en order selfs ’n eks-inmate rond. Sy gee ’n mens flasbacks van Day Zero wat nooit gekom het nie.

Ma Laetitia wil weer Laingsburg toe oor dit nooit daar reën nie. Weet die vrou die average reënval daar is 150 mm per jaar? Sy lê en praat ook met die winter en toe is daar ’n kapgeluid. Ja-nee, die weer praat dalk nie terug nie, maar dalk gooi dit die nodige signs.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters